Man in PE gekaap, beroof en aangerand

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie is op soek na drie mans wat glo ʼn man in Port Elizabeth gekaap, beroof en met ʼn mes gesteek het.

Ao. Alvin Labans, woordvoerder van die polisie, het gesê die 34-jarige slagoffer is deur die verdagtes voorgekeer kort nadat hy kontant onttrek het by ʼn bank in Commercialweg.

“Drie mans het in sy bakkie ingespring en hom gedwing om na ʼn OTM te ry. Hulle was gewapen en het hom gedwing om nog kontant te onttrek.” Volgens Labans kon die man daarin slaag om hulle te oorreed dat hy sy toegelate bedrag vir die dag getrek het.

Labans het gesê die verdagtes het die man hierna gedwing om in die rigting van die Greenbushes-area te ry. Die man het met opset sy bakkie op die hoofweg laat stol. Die verdagtes het met R14 000 en die man se skootrekenaar op die vlug geslaan.

Volgens Labans het die man hulle agternagesit en is hy met ’n mes in die linkerarm gesteek. Die slagoffer het self na die hospitaal begin ry toe hy ’n polisievoertuig opgemerk het en die beamptes van die voorval ingelig het.

Labans het gesê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Die polisie ondersoek sake van kaping, roof en aanranding met die doel om ernstig te beseer

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gert van der Merwe ·

Ja nee, dit is net in Suid Afrika waar jy sulke pad tekens langs paaie sien saam met potholes. Goeie beeld wat ons skep aan ons besoekers.

Peet Schabort ·

Was die eerste onttrekking ook by ‘n OTM? Indien wel, genade wat ‘n hoop geld daar ‘langs die straat’. Skynbaar het hul te voet gevlug en hy ry hulle nie dood, ag, ek bedoel LIGGIES raak?
Kan dit nie verstaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.