Man in Pietermaritzburg doodgeskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Die KwaZulu-Natalse polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn man Sondagaand by ʼn huis in Pietermaritzburg doodgeskiet is.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 23:00 by ʼn huis in ʼn nedersetting in Imbali gebeur. Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie.

“Die twee slagoffers is na bewering deur ʼn onbekende aantal verdagtes geskiet. Een slagoffer is op die toneel dood, terwyl die ander een gewond en na ʼn hospitaal geneem is. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Gwala gesê.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die oorlewende het veelvuldige skietwonde opgedoen. Volgens Bodasing was albei die slagoffers in hul 20’s.

Sake van moord en poging tot moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marianne ·

Mmmm laat mens dink ne?
Sekerlik was dwelms – drank en vroumense betrokke.
Waar kry almal skierlik wapens????
Soos ‘n goeie burger betaam – het ek myne op versoek ook ingehandig.
EK WAS VERDOMP STUPID!

KarooKlong ·

Marianne, ek het lekker gelag vir jou laaste deel van jou kommentaar, ook gedink wat jy van jouself dink maar later agter gekom dit was dalk ‘n beter besluit want jy klink vir my nou soos ‘n baie kwaai antie wat nie ‘n stuipepompie in jou hande moet hê nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.