Man in Pta doodgeslaan

isdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-3

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn man Donderdag in Centurion glo uit wraak met onder meer klippe doodgeslaan is.

Konst. Tumisang Moloto, polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die voorval het omstreeks 10:30 in die Itireleng-nedersetting in Laudium plaasgevind.

“Die polisie het gereageer nadat inligting van ʼn vigilante-aanval ontvang is. By die polisie se aankoms op die toneel is die man se liggaam op die grond aangetref. Daar was verskeie klippe om sy liggaam,” het Moloto gesê. Die man is op die toneel deur paramedici dood verklaar.

“Die man is na bewering daarvan beskuldig dat hy in verskeie plakkershutte in die omgewing ingebreek het. Dit is egter nog nie in die stadium duidelik wat gesteel is nie.”

Die man het nie identifikasie by hom gehad nie en is nog nie uitgeken nie. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Genl.maj. Daniel Mthombeni, bevelvoerder van die Tshwane-Wes-groepering, het die voorval ten sterkste veroordeel. Hy het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om nie reg in eie hande te neem nie en eerder saam met die polisie te werk en kriminele aktiwiteite aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Leahim ·

En hoekom sal n burger in Suid Afrika tyd mors om n saak by die polisie aan te meld
1) Die polisie word nie vertrou
2)Die polisie moet begin om hulle werk te doen dan sal hulle nie soveel sake hê om te ondersoek nie

snoefie ·

almal weet wie in die aanval betrokke is. hoekom is hulke nog nie gearresteer nie. kan min mbalula en due nvg dalk aan ons verduidelik hoe verskil die aanval van die Oarys boere sn?

André ·

Ek kry die gevoel as klomp mense iemand aanrand en doodmaak, dan word niemand in hegtenis geneem nie. Lyk nie of die polisie weet wie dan skuldig is nie.

snoefie ·

baie vrystaatboere het ook twee plaasaanvallers aangerand. jou goeie sapd het n halfdosyn uitgesonder en hulle staan tereg vir moord. wat is anders in die geval?

Leahim ·

Peet dit is omrede die staat hulle gefaal het die meerderheid vertrou nie die polisie en om goeie rede en mense raak moeg vir misdaad en om altyd slagoffers te wees hierdie gevalle gaan toeneem

PJC ·

Die verskil tuusen hierdie insidente is dat hierdie klomp nie teen mekaar draai ssos in die Parys voorval nie. Baie tragie dat ons nie kan saastaan nie.

Jan ·

Die skuldiges kan bly wees hulle het hom nie in ‘n doodskis gedruk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.