Man in Pta-huisroof doodgeskiet

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Die pa van ʼn tienermeisie is Maandagaand tydens ʼn rooftog by sy huis in Pretoria doodgeskiet.

Kapt. Bonginkosi Msimango, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê vier gewapende mans het teen 23:10 toegang tot die 40-jarige man se huis in Suiderberg in die weste van Pretoria verkry, vermoedelik deur ʼn venster te breek.

“Die man het die geraas gehoor en van die slaapkamer na die gang gehardloop om ʼn veiligheidshek te gaan sluit toe die verdagtes op hom geskiet het. Verskeie skote is afgevuur en een van die koeëls het die man getref,” het Msimango gesê.

Die verdagtes het onder meer met ʼn televisiestel, juweliersware, ʼn selfoon en ʼn vuurwapen van die toneel gevlug.

Xander Loubser, paramedikus en woordvoerder van Best Care-ambulansdienste, het gesê by paramedici se aankoms op die toneel is die man in ʼn kritieke toestand met ʼn koeëlwond in sy bors aangetref.

Paramedici het onverpoosd gepoog om sy lewe te red, maar dit was tevergeefs. Hy is op die toneel dood.

Die man se dogter en vrou was tydens die voorval by die huis en is ongedeerd.

Die Hercules-polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Jy is reg ·

Ja, vuurwapen, en honde, en hou huis gesluit, en soos in baie ander gevalle maar nie hier relevant nie, moet nie na buite koop om te gaan ondersoek nie.

snoefie ·

kyk wat gaan in ons land aan terwyl die nvg die Parys boere tot die letter vervolg omdat hulle die wet in eie hande geneem het omdat die sapd nie belangstel om due wet toe te pas nie. as n mens nie veilig in jou eie huis kan wees nie, waar sal jy veilig wees? alle simpatie aan die gesin.

Se Maar Net ·

Hoeveel het ek al gevra dat Solidariteit of Afriforum die Parys boere help hul beskerm hul families en eiendom en word vervolg. Hierdie en al die ander moorde word gepleeg en hul kry parool. Die stelsel stink.

Thea Gerber ·

So jammer oor nog ‘n sinnelose moord. Ook jammer dat daardie veiligheidshek nie gesluit was voor julle gaan slaap het nie, dalk kon die hek die man se lewe gered het, of tyd gekoop het om hulp te kry.

Gerlo Fourie ·

Dis Vriende van ons, sy vrou het nog tv gekyk en dit het gebeur voor hul kom besef, na sy glas in kombuis hoor breek het was hul op hul. Dis hulle huis, hulle veilige spasie, kommentaar van AS die hek gesluit was, heeltemal onvanpas.

elize ·

so jammer vir die familie sterkte mag JESUS julle vertroos…ons straat ligte in die gebied is af so dit is baie donker…

Jammer ·

Ai, eers die boere nou die mense in dorpe en stede. Die misdadigers skrik vir niks nie .. hulle weet die polisie spoor hulle nooit op nie. SO JAMMER vir die vriende en familie van die man. Dit is absoluut onnodig en misdaad is heeltemal buite beheer in SA.

Veronica ·

Ek het n voorstel
Soos diensplig destyds, laat skoolverlaters ons strate saans beman by booms, maw daar moet in ons strate op sekere punte en plekke booms aangbring word en laat hulle dit beman n jaar lank.
Bring n spesifieke tyd in wat alle booms regoor land gesak word en beman word … dalk vanaf 18h00 – 6h00 soggens! Dit behoort n mate van beheer te bring en te bied en mense moet weet dis n wet dat as jy dan daardeur wil ry moet jy ID vertoon en kameras neem jou en jou voertuig af!
Die sekuriteits mense wat gebiede in elk geval patrolleer kan dan ook nou saamwerk met die manne by Booms!! Nie elke straat sal een hê nie maar daar kan in woongebiede op sekere punte aangebring word en veral die uitgangspunte na snelwee . . .
Dis net n idee maar dan kan beslis rondom die idee iets ontstaan wat lewens kan red en ons gebiede meer veilig maak – dalk selfs n klokreel ingebring word saans dat strate na 20h00 nie gebruik moet word nie behalwe vir noodgevalle en werksverwant

Anoniem ·

Skuus maar het jy ‘n seun wat jy sou opoffer vir die land? Sodat hy diensplig kan doen ? Nee wat ek is jammer!

NOOIT NIE ·

Nie in my lewe sal ek my seun opoffer vir enige ander persoon nie. As jy sien hoe vloek en skel mense mekaar op kommentaarkolomme en hoe se wittes mekaar sleg, kan jy vergeet dat my man of seun enigsins diens by enige ander persoon gaan doen. Die mense in SA beteken vir my so baie soos ek vir hulle beteken. Een dag bid ons en die volgende dag skel ons. Een dag vra die boere ons moet hulle bystaan, die volgende dag is dit vir hulle te veel moeite om saam met ons te betoog. Dieselfde boere wat ons vandag so pamperlang, vra ook maar maksimum pryse vir hulle produkte, nooit sal hulle die publiek ‘n ‘break’ gee nie, want hulle maak meer geld met uitvoere as met plaaslike verkope. Ek voel MISDAAD/MOORD op enigeen in SA is onaanvaarbaar. Elkeen moet maar na sy eie veiligheid omsien. JAMMER oor almal wat vermoor is se gesinne en familie en vriende .. die STAAT het ons versaak, want die GRONDWET sê ons moet veilig in ons land voel.

Veronica ·

Soos ek genoem het , dit was net n voorstel
Daar kan beslis rondom die idee gewerk word om dit te laat werk!!!
Skoolverlaters was net n voorstel en dalk kan hulle kyk na werkloses of vrywilligers of weermag of wat ookal die oplossing is!! Daar kan selfs klere gegee word vir maksimum beskerming en natuurik gewapen ook.
Waarom wil niemand aan n oplossing dink om ons gebiede veiliger te maak nie?
Dink julle regtig dat optogte die antwoord is?
Ons almal word tog geraak deur hierdie misdade en niemand is meervan sy lewe verseker nie
Om elke dag ” comments ” hier op MM te laat los ook nie die probleem op nie
Iemand sal aan n idee moet dink wat haalbaar is en wat n drastiese verandering kan bring

Kannaland ·

Dankie vir die voorstel Veronica, en dit is beslis iets om oor te praat. Laat ons almal dink en op hierdie platform begin planne maak om ons land teen misdadigers te beveilig.

Leahim ·

Veronica baie goeie idee maar onthou dit is die polisie se werk om ons veilig te hou en dit is duidelik hulle het verloor die kriminele sit ore op hulle want hulle het geen trots in hulle meer nie sit net en wag vir hulle salaris om betaal te word dan doen hulle niks tot volgende betaaldag.

Jo ·

Jan, regtig???????? Mense soos jy maak my siek!!!!!! Kry iets om te doen asb, praat sense en nie nonsens nie, hoop regtig jy kom nie iets oor nie, maar jy sal nie want jy het n vuurwapen, geluk!!!!!!!!!!

Ria Scheepers ·

Suiderberg was altyd ok maar daar is nou `n plakkerskamp langs Bremerstraat!!!!!

Kwikkie ·

…Ek dink baie mense sal kan saamstem dat in daardie oomblik mens net reageer – al kan jy vooraf beplan dat jy jou vuurwapen gaan gryp en die een wat in jou huis kom gaan skiet. Opdaardie oomblik was sy eerste prioriteit om die hek gesluit te kry – want sy vuurwapen was ook heel moontlik in die kluis so daar was nie tyd nie. Vir julle wat so vinger wys oor wat hulle als verkeerd gedoen het soos bv nie die hek te sluit nie. REGTIG? Nou word die wat slagoffers is aangeval. Niemand weet wat die omstandighede was en die rede hoekom die veiligheids hek nie gesluit was nie. Sooo as jy nie die WARE feite weet nie bly maar liewer stil. My hart gaan uit vir die familie – hy was n wonderlike mens wat altyd bereid was om ander te help. Mag die mense julle privaatheid respekteer in hierdie tyd en ook hulle onnodige woorde tel.

Willie ·

Dis na aan die huis… Ai sterkte julle, die SAPD het nie n vermoee om hulle te vang, of om ons op te pas nie… Bel maar Hercules en Wonderboompoort… tragies rasisites, en help nie maklik nie… Die GPF’s doen die meeste in die areas!

Van ·

Probeer vir nou “beams” buite opsit sodat jy ten minste n minuut kans het om jouself te beveilig en of toe te sluit?!

Suid-Afrika ·

Talle mense is reeds hierdie maand al in hul huise in dorpe/stede of op plase/kleinhoewes vermoor en die gelukkiges wat die aanvalle oorleef het is of erg gemartel, vermink of erg getraumatiseer en soos ou weggegooide lappoppe op die ashoop agtergelaat. Dit is baie erg dat geen mens of dier veilig is of durf voel nie. Nêrens in Suid-Afrika nie. Dit is seker die een van die ergste dinge om onveilig in jou eie huis te voel want dit neem jou menswees en vryheid om te bestaan heeltemal van jou af weg. Gewelddadige misdaad is seker een van die ergste en mees onmenslike dinge om in ‘n onderontwikkelde, agterlike en gewelddadige land soos Suid-Afrika te moet aanvaar en daagliks daarmee saam te moet leef. Wreedheid, marteling, slagting, doodmaak en verminking van mens en dier is die aanvaarde norm in ‘n derde wêreldse land soos Suid-Afrika. Die wat hier woon weet dit. Baie Baie Sterkte aan alle inwoners van Suid-Afrika wat nog Lewe. Maar vir baie van die wat nog Lewe is dit moeilik – al wat hulle oorhet na ‘n huisaanval is ‘n uitmekaar en stukkend geskiete lyk om te begrawe.

Koos B ·

Van jy is reg ek het ‘n paar jaar terug net die nodige “beams”ingesit en in die tyd het die alarm die kriminele al ‘n paar keer die pad laat vat.

Aitoggie ·

Ai dis jammer om so sinneloos te sterf. Sluit alles wat jul kan, voordat jul gaan slaap asb. Vir die wat in die nagte opstaan om te gaan teemaak, hou liewerste n tafeltjie in jou kamer aan, met ketel en beker ens, om die tee te kan maak, as wat julle dalk in boewe vasloop in die gang oppad kombuis toe. n Mens is net meer en meer n kluisenaar in jou eie huis in vandagse lewe. Sterkte aan die gesin.

LMF ·

Hercules sapd genade die mense is nooit beskibaar nie ons GPF doen al hul werk en as hul na 3 of 4 ure opdaag dan is hul so onbeskof met ons mense verskoning is altyd voertuie dan staan ek voor hul kantoor dan is daar tot 10 voertuie geparkeer als moet vir hul met n lepeltjie ingegee word en dan is KFC langs hulle So jammer vir die families en vriende mag God julle styf vashou en die moordenaars brand in die hel

Leahim ·

GPF moet die werk doen hoekom moet ons dan nog belasting betaal om die klomp te onderhou

hannes marais ·

wil vir volksgenote se dat die wereld besig is om notisie te neem van die volksmoord op blankes in SA…gaan kyk op youtube…infowars..alex jones….

Cheryl ·

Mense jul is vinnig om te se hoekom was hul veiligheids hek nie gesluit nie…hoe weet jul Watter veiligheidshek hul van praat… Ek het gehoor die vrou het gele en TV kyk ha man het in die bed gele en slaap. Syt die geraas gehoor gehardloop om ha man in kennis te stel, hyt gegaan om die hek te sluit toe hul op hom skier….so dit was 10 teen een die veiligheidshek wat na die kamers gaan. En dis wat gebeur het.

PTA ·

Cheryl, dis hoe ek dit ook verstaan het, dat dit ‘n ganghek was wat hy wou sluit. Ons het saam hom grootgeword, hy was ‘n dierbare mens. Hy sou enige iemand verdedig en probeer beskerm het. Net jammer hierdie aanval was so onverwags. Ons moet ongelukkig met oop oë slaap en nooit dink dat dit NIE met ons kan gebeur nie.

Linda Wilken ·

Ons sal móét trellidor binne ons vensters installeer, die boewe gee nie meer om om te raas wanneer hul betree nie, hul raak al hoe gemakliker met geweld en het geen respek vir enige lewe nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.