Die pa van ʼn tienermeisie is Maandagaand tydens ʼn rooftog by sy huis in Pretoria doodgeskiet.
Kapt. Bonginkosi Msimango, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê vier gewapende mans het teen 23:10 toegang tot die 40-jarige man se huis in Suiderberg in die weste van Pretoria verkry, vermoedelik deur ʼn venster te breek.
“Die man het die geraas gehoor en van die slaapkamer na die gang gehardloop om ʼn veiligheidshek te gaan sluit toe die verdagtes op hom geskiet het. Verskeie skote is afgevuur en een van die koeëls het die man getref,” het Msimango gesê.
Die verdagtes het onder meer met ʼn televisiestel, juweliersware, ʼn selfoon en ʼn vuurwapen van die toneel gevlug.
Xander Loubser, paramedikus en woordvoerder van Best Care-ambulansdienste, het gesê by paramedici se aankoms op die toneel is die man in ʼn kritieke toestand met ʼn koeëlwond in sy bors aangetref.
Paramedici het onverpoosd gepoog om sy lewe te red, maar dit was tevergeefs. Hy is op die toneel dood.
Die man se dogter en vrou was tydens die voorval by die huis en is ongedeerd.
Die Hercules-polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
30 Kommentare
hoeveel keer moet ek dit nog se ? dra n vuurwapen
kyk wat gaan in ons land aan terwyl die nvg die Parys boere tot die letter vervolg omdat hulle die wet in eie hande geneem het omdat die sapd nie belangstel om due wet toe te pas nie. as n mens nie veilig in jou eie huis kan wees nie, waar sal jy veilig wees? alle simpatie aan die gesin.
So jammer oor nog ‘n sinnelose moord. Ook jammer dat daardie veiligheidshek nie gesluit was voor julle gaan slaap het nie, dalk kon die hek die man se lewe gered het, of tyd gekoop het om hulp te kry.
so jammer vir die familie sterkte mag JESUS julle vertroos…ons straat ligte in die gebied is af so dit is baie donker…
Ai, eers die boere nou die mense in dorpe en stede. Die misdadigers skrik vir niks nie .. hulle weet die polisie spoor hulle nooit op nie. SO JAMMER vir die vriende en familie van die man. Dit is absoluut onnodig en misdaad is heeltemal buite beheer in SA.