Man in Pta met panga aangeval

Paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, het ernstige wonde aan sy kop opgedoen nadat hy Saterdag in die ooste van Pretoria met ʼn panga aangeval is.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is teen 14:50 na die Plastic View- informele nedersetting langs Moreletapark ontbied waar die voorval plaasgevind het.

“By paramedici se aankoms op die toneel is die man op die grond aangetref. Hy het ʼn erge besering aan sy kop opgedoen nadat hy glo met ʼn panga geslaan is,” het sy gesê.

“Die man is op die toneel behandel en met ʼn ambulans na die Mamelodi-hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die polisie was op die toneel en ondersoek die voorval. Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Popeye ·

Ek neem aan as die man met die panga “geslaan” is, het hy ‘n paar houe met die plat kant gekry. Dit wat met die “skerp” kant geslaan is was ‘n “kap”.

Leahim ·

Die inwoners is meestal afrika immigrante wat onderhou word deur die ng kerk moreletapark.

Eish ·

Die motief in die land is net een van twee, roof of persoonlike vete.

Anderkant ·

Ricardo was ‘n vreemde man in Houtbaai wat 1x met my aan die gesels geraak by ‘n busstop.
Ek het my misnoë uitgespreek oor Houtbaai se verval in 1 jaar se tyd, alles te wyte aan die arm Afrikalande se mense wat hierheen stroom. Dis verskriklik dat vlugtelinge soveel eise het en so agressief is as ‘n klein dorpie se munisipaliteit nie kan byhou by die onnatuurlike bevolkingsontploffing in hulle klein munisipale distrikte nie. De Doorns is ook ‘n goeie vb van hierdie onmoonlike las wat ons moet dra. Dis ‘n skande dat uitlanders SA, sy bronne, grond en mense, so vernietig en uitmoor.
Maar Ricardo se kommentaar het my laat dink…
Hy sê: hulle kom hiernatoe want ons doen nie meer sendingwerk in Afrika nie. Nou bring God hulle na ons toe sodat hulle Hom hier kan leerken en hulle bekeer.
Die oplossing vlgs Ricardo is: bid vir hierdie lande. Bid vir herstel in doe Afrikalande sodat die vlugtelinge sal wil terugkeer na hul eie lande toe. Bid dat daar iets gebeur wat hulle terugroep!
Wanneer julle bid, moenie alleen net bid vir herlewing en redding in/van die RSA nie. Mense, dink ‘n bietjie hieroor!
Hoe slegter dit in Afrika gaan hoe groter word die las wat die RSA moet dra, en ons kannie meer nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Plastic View se bewoners is ‘n groot kopseer want behalwe inbrake in die gegoede buurte romdom hulle, en ander misdade kan ons ook nie eens meer die Pretoria Oos Begraafplaas besoek nie agv die misdade wat hul pleeg. Stuur die “immigrante” terug na daar waarvandaan hul kom en laat ons ons lewes in vrede leef.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.