ʼn 53-jarige man is Vrydag in die vroeë oggendure tydens ʼn vermeende huisroof in ʼn spoglandgoed in die ooste van Pretoria doodgeskiet.
Maj. Mack Mngomezulu, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die slagoffer en sy vrou het geslaap toe hulle deur twee gewapende rowers in hul huis in die Woodhill-gholflandgoed oorval is.
“Die rowers was met vuurwapens gewapen. Hulle het die egpaar vasgebind en begin om die huis te plunder,” het Mngomezulu gesê.
Die man kon daarin slaag om los te kom en het die aanvallers aangevat.
“ʼn Skoot is tydens die worsteling afgevuur en die man is in sy bolyf getref. Hy is op die toneel dood.”
Mngomezulu het bygevoeg dit wil voorkom of hulle slegs ʼn selfoon gesteel het voordat hulle gevlug het.
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Die naam van die oorledene is nog nie bekendgemaak nie.
Al hoe al die moorde sal ophou is wanneer die doodstraf terug gebring word
Hy sal vir altyd leef,al is dit in die tronk.Die blanke moet sterf vir ‘n selfoon.Kan ons nog sê, “On vir Jou Suid Afrika’?
Hoe het hul in en uit gegaan. Ek vandag met skok gesien dat die Mafia by wie ek huur ‘n hek sleutel vir nog iemand gegee het wat net soms hier kom iets reg maak, en wat al hier gesteel het. Ons kan net bang wees elke dag.
Selfs binne ‘n veiligheidskompleks is jy nie meer veilig nie. Kom die booswigte nie van binne die kompleks self nie? Ons sal noodgegedwonge sekuriteitsdeure en diefwering binne ons komplekse moet aanbring. Baie ontstellend. Sterkte aan die familie.
Bring die doodstraf terug!!!
Niks gaan verander nie . Bring die doodstraf terug .
Doodstraf is regtig die enigste opsie.