ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, is Donderdagaand in Randburg in Gauteng dood toe hy glo probeer het om op ʼn bewegende trein te spring.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het by die Maraisburg-treinstasie plaasgevind.
“Met paramedici se aankoms by die stasie, was plaaslike owerhede en lede van die gemeenskapspolisiëringsforum reeds op die toneel. Die man het op die spore gelê en nie beweeg nie,” het Meiring gesê.
Paramedici het die man ondersoek en bevind hy het verskeie beserings opgedoen. “Hy het geen tekens van lewe getoon nie. Niks kon vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”
Die polisie ondersoek die voorval.
Maraisburg is nie Randburg nie. Jammer vir die arme man en familie.
Maraisburg is in Roodepoort.
Maraisburg is in Roodepoort.
Ja nee geen treine in Randburg nie.
As Tukkies se bestuur die insident gaan ondersoek gaan hulle seker aanbeveel dat geen treine meer mag loop nie!
Is Spoornet of PRASA se bestuur aangekla van moord?