Man in Reserwebank vasgetrek oor vervalste geld

Argieffoto

ʼn Man wat met ʼn sak vol vervalste geldnote by die Suid-Afrikaanse Reserwebank ingestap het, is in hegtenis geneem.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het Donderdag gesê die man het met vervalste note ter waarde van R2 miljoen na die toonbank gestap en om hulp gevra. Hy het toe aan een van die Reserwebank se werknemers gesê hy het die geld ingebring om herdruk te word.

“Die geld was in ʼn swart skootrekenaarsak gepak. Toe die werknemer die sak oopmaak, het hulle gesien daar is pakke R200-note ter waarde van R2 miljoen in, wat die bank geverifieer het as vervals,” sê hy.

Makhubele sê die man hou vol hy het nie geweet die note is vervals nie.

“Die verdagte het beweer hy is ʼn motorwerktuigkundige en het die geld gekry onder een van die voertuie wat hy besig is om reg te maak.”

Volgens Makhubele is die polisie ontbied en die man is op die plek in hegtenis geneem. Hy sal binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johann van Cullinan ·

Dit is nou nie die blinkste idee gewees nie. Nogal by die reserwe bank.

Johan H. ·

Sal seker aangekla word van crimrn juria en die rig van n rekenaar sak. As ek kyk na wat poging tot moord op n boer word, te snaaks die lot!!!

Nettie ·

@mariance – het ek ook gewonder; is dit nie by die Munt waar geld gedruk word nie?

” …… and the Darwin Award for the most-stupid looter goes to ………………………….”

Michael ·

whow is dit nie dalk n gedeelte van ou Gavin Watson se geldtjie nie.?

Cabous ·

2 miljoen vir herstel diens aan n voertuig……….kon hy rerig nie iets beter uitgedink het nie

JSG ·

Indien jy dit in ‘n voertuig of waar ook al ontdek, gaan jy polisie toe, nie bank toe. Nie ‘n goeie idee.

RG ·

Wanneer jy die hoofopskrifte van 4 opeenvolgende berigte op jou gunsteling media platform lees en al 4 hou verband met korrupsie wat maak jy…… nog ‘n koppie koffie?

Jerry ·

Hierdie insident moet die internationale kortlys haal vir Grap van die Jaar. Regtig net in Suid Afrika.

Onthou nog ·

Kan nog onthou in vroeë tagtigs het ‘n man ‘n tjek in die hande gekry. Hy het die tjek mooi ingevul, selfs ‘n handetekening nagemaak en toe die tjek probeer wissel. Ongelukkig het hy nie verstaan van bankwese nie. Niemand gee tjeks vir twintig miljoen rand nie. Die kassiere verduidelik toe hy moet net bietjie sit want dis baie geld en hulle moet nog laat kom van die ander takke af. Nodeloos om te sê, die Polisie het hom daar kom haal terwyl hy sy teetjie drink en wag vir sy geld.
Soos jakes sê: Daars nie pille vir domgeit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.