
Argieffoto: Kent Williamson
ʼn Man in ʼn rolstoel het losgebrand op ʼn vermeende rower wat sy geld in ʼn Oos-Kaapse winkelsentrum wou steel.
Die voorval het Dinsdag omstreeks 14:30 plaasgevind.
Kapt. Nkosikho Mzuku, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte (44) is glo in die been geskiet.
“Die verdagte het die man probeer beroof terwyl hy die kitsbank gebruik het; hy was ongewapen,” het Mzuku gesê.
Volgens Mzuku het die middeljarige slagoffer toe ʼn handwapen te voorskyn gebring en die verdagte geskiet. Die verdagte is na die hospitaal gehaas vir mediese behandeling.
Hy is tans onder polisiebewaking in die hospitaal.
Sodra hy ontslaan word, sal hy in die Oos-Kaapse landdroshof verskyn op aanklagte van roof.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Mooi skoot!!
Ek wonder of die ou in die rolstoel nou aangekla gaan word aangesien die rower nie ‘n wapen gehad het nie. As hy doodgeskiet was, was dit seker ‘n groot storie.
N dubbele bells vir jou meneer! Welgedaan om jouself te beskerm! Die lafhartiges het gedink jy is n sagte teiken…laat dit n les wees vir die ander lafhartiges. …ons raak gatvol vir jul maniere en jul kan meer van die teenstand begin verwag…
Knap gedaan!
Dis wat ek paraat noem