Man in rolstoel skiet rower

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Man in ʼn rolstoel het losgebrand op ʼn vermeende rower wat sy geld in ʼn Oos-Kaapse winkelsentrum wou steel.

Die voorval het Dinsdag omstreeks 14:30 plaasgevind.

Kapt. Nkosikho Mzuku, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte (44) is glo in die been geskiet.

“Die verdagte het die man probeer beroof terwyl hy die kitsbank gebruik het; hy was ongewapen,” het Mzuku gesê.

Volgens Mzuku het die middeljarige slagoffer toe ʼn handwapen te voorskyn gebring en die verdagte geskiet. Die verdagte is na die hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

Hy is tans onder polisiebewaking in die hospitaal.

Sodra hy ontslaan word, sal hy in die Oos-Kaapse landdroshof verskyn op aanklagte van roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

André ·

Ek wonder of die ou in die rolstoel nou aangekla gaan word aangesien die rower nie ‘n wapen gehad het nie. As hy doodgeskiet was, was dit seker ‘n groot storie.

vatso ·

N dubbele bells vir jou meneer! Welgedaan om jouself te beskerm! Die lafhartiges het gedink jy is n sagte teiken…laat dit n les wees vir die ander lafhartiges. …ons raak gatvol vir jul maniere en jul kan meer van die teenstand begin verwag…

Rynhardt ·

Man in rolstoel, jy is n groter held as n “superhero!”

Cheeki ·

Janee wel gedaan!! In hierdie land het ons sulke mense nodig soos jy julle hierdie raak nou n land waar ons moet “duck and dive” dis sooo jammer want dis die mooiste land ooit aaai tog

Scalla ·

Uitstekende optrede, beste nuus vir die dag, mag hy n les geleer het. Lmga

anton ·

Hoekom word die boosdoener/rower na die hospital gehaas wil ek graag weet???

Alida ·

Vra ek ook Anton. Hy kon reguit tronkhospitaal toe gegaan het om sy wonde te lek. Mooi Mnr trots op jou. Jammer die skoot was bietjie laag maar toemaar hy is VAS.

Gideon ·

Pleks dat dit nou hoofnuus vanaand op Kyknet was ipv Zuma se gegorrel!!

pietie ·

Wat maak Zuma en die ANC so nuuswaardig dat Kyknet soveel tyd in nuusuitsendings aan die mamparas afstaan?

Sputnik ·

Die ou gaan waarskynlik probleme hê om sy wapenlisensie te behou.

Ansie ·

Hoekom as iemand n rower skiet nog vra hoekom het die slagoffer hom sleg geskiet liewe land ek dink elke persoon wat tot nou toe hom of haarself verdedig het met n wapen is fantasties.Ek gee nie om waar die rower getref is nie die feit is dat die persoon met die rewolver of pistool reg opgetree het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.