Man in sloot vasgekeer

Foto: ER24

Foto: ER24

‘n 29-jarige man is in ‘n sloot by ‘n huis in Isipingo in Durban, KwaZulu-Natal vasgekeer.

Luyana Majija, woordvoerder van ER24, sê die man het glo in die sloot gewerk toe sy been onder konstruksiemateriaal vasgekeer is.

Majija sê paramedici van ER24, brandbestryders en ander reddingspersoneel werk sedert vanoggend onverpoosd om die man te probeer bevry.

Majija sê die man is in ‘n stabiele toestand en dat paramedici hom gedurig monitor.

Meer besonderhede volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.