Man in snymasjien vasgevang

Die snymasjien waarin die man vasgesit het. (Foto: Netcare911)

ʼn Man is Vrydag beseer toe hy verstrengel geraak het in ʼn snymasjien op ʼn industriële perseel naby Durban.

“Netcare911 se paramedici het Vrydag gereageer op ʼn voorval by ʼn industriële perseel in Westmead, wes van Durban. Volgens inligting vanaf die toneel blyk dit dat die man deur ʼn masjien wat metaal sny, ingetrek is,” sê Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911.

Met paramedici se aankoms op die toneel het die man se bene in die masjien vasgesit.

“Kragtoevoer na die hele perseel is afgeskakel en die perseel is gesluit voordat ʼn lewensreddertegnikus hidrouliese toerusting gebruik het om die man, wat erg vasgesit het, te bevry.”

Nadat die man bevry is, is hy op die toneel gestabiliseer en daarna na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Alta Alleman ·

Dnkie tog hy is gered. Kan myself in dink wat n lelike manier om dood te gaan.

Janine ·

Health and safey, mense. Dis nie ‘n foefie nie. Dis om JOU veilig te hou…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.