Man in spitsverkeer doodgeskiet

Foto: Verskaf.

ʼn Taxibestuurder is Woensdagmiddag in spitsverkeer op Hendrik Potgieterweg by die Gordonweg-wisselaar in die Roodepoort-omgewing doodgeskiet.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 16:30 plaasgevind.

“Dit blyk dat die bestuurder van die taxi verskeie kere geskiet is. Hy was by paramedici se aankoms op die toneel in ʼn kritieke toestand,” het Dollman gesê. Volgens Dollman is die man aan ʼn asemhalingsmasjien gekoppel, maar pogings om hom te resussiteer was onsuksesvol.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die taxibestuurder was glo in sy dertigs. “Hy is binne die taxi geskiet. Toe paramedici by die toneel opdaag het hulle hom ʼn kort entjie weg van sy taxi aangetref,” het Meiring gesê.

Dollman het gesê ʼn vrouepassasier in die taxi het aangevoer dat sy skrams deur ʼn koeël getref is. “Paramedici het na haar omgesien, maar sy het verdere mediese behandeling van die hand gewys.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stokkies ·

Haha, iemand het besluit skroef die, die ou kan nie bestuur nie, kom ons haal hom uit sirkulasie

Witwillem ·

Ek verstaan nie Gerd se schadenfreude nie.
Ons weet nie eens hoekom die man vermoor is nie.
Ai toggies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.