Man in stil Pretoriase buurt vermoor

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

Inwoners van Rietondale in die Pretoriase Moot is diep geskok deur die moord op ʼn man in ʼn stil straat in dié buurt.

Edwin Miller (32) se 64-jarige ma het sy liggaam Dinsdag omstreeks 18:40 in die gang van die huis ontdek. Sy het pas van die werk teruggekeer, het kapt. Anton Breedt, polisiewoordvoerder in Pretoria, gesê.

Volgens die polisie het Miller verskeie wonde aan sy kop en bolyf gehad. ʼn Nadoodse ondersoek moet nog die oorsaak van sy dood bepaal.

Breedt het gesê die polisie se voorlopige ondersoek dui daarop dat ʼn agterdeur oopgebreek is en dat die aanvaller(s) op dié manier toegang tot die huis verkry het.

ʼn Skootrekenaar, juwele en kontant word vermis.

Breedt het gesê die aanvaller(s) is steeds op vrye voet.

Enigiemand met inligting oor die voorval word gevra om die polisie se Stop Misdaadnommer te skakel by 08600 101111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Amanda ·

Innige simpatie aan die familie, vertrou julle ondersoekbeamtes doen beter werk as Swartruggens se SAPD speurders, vandag is 2 moordverdagtes vrygelaat agv onbevoegdheid van ondersoekbeamtes.

sweis ·

Ja dit is n stil buurt maar die polisie is net so stil ek sien hulle gewoonlik net by die pakistanier winkels “vir obvios reasons” natuurlik maar patrollies en misdaadvoorkoming nie op hulle prioriteit lys nie .RIV nog n goeie mens onnodig weg.

Valk ·

Begin by tuinwerker , grassnydienste of huiswerker, wat die huis en sy mense ken.

Magda ·

Stem saam – daar is seker ook goeie mense, maar regtig begin maar by die mense wat daar gewerk het. Sterkte aan die Familie.

aj ·

Simpatie met die familie en vriende van die oorledene!

Ons is nie veilig binne ons huise nie!

Ons het geen ander opsie as om ons te bewapen en self te verdedig!

Niemand anders gaan ons beskerm nie.

Sammy ·

Dat ‘n ma nou op so ‘n toneel moes afkom. Tragies … Hoe verwerk mens dit ooit?

Johan ·

Net nog ‘n merkie op die anc se moord kerfstok…. verskriklik!

Sanna ·

Waar is die polisie se 72 uur aksie plan dan nou.
Kan die regering nie aangekla word vir Massa moord teen Suid Afrikaaners nie.

Vra maar net.

Claus Malema ·

Baie hartseer. Innige simpatie met die naastebestaandes.

wilma ·

ai waar was die jongman se vuurwapen.. so terloops werkers is soos vreemde hond. ek vertrou hul nooit

@wilma ·

Jy laat dit klink asof hy dit kon verhoed het?! Mens kan onmoontlik nie 24/7 jou vuurwapen by jou hê nie, en al het hy dit is geen waarborg.

Zeplin ·

Ai. Rus in vrede ou Edwin/ (Wolfgang soos sommige vriende hom geken het).

Melissa Lotter ·

This is such terrible news to read. Guys – please just change the surname to Müller

GM van Rooyen ·

Vyf van die 25 berigte en artikels in MM se nuusafdeling vandag handel oor onskuldige mense wat op die mees wreedaardigste wyse vermoor is.
Wanneer gaan dit stop en wat moet mens daaraan doen, want die SAPD trek net skouers op?
Ek sien baie mense is so opgetrek oor die #Iamstaying beweging op sosiale media. Staying vir wat? Om ook ‘ n slagoffer van ‘n sinnelose moord te wees?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.