Man in Stilbaai deur haai aangeval

Die man word na die aanval per helikopter na 'n hospitaal vervoer. Foto: Louise Mouton

Die man word na die aanval per helikopter na ‘n hospitaal vervoer. Foto: Louise Mouton

ʼn 42-jarige man is in ʼn ernstige dog stabiele toestand nadat hy Sondag deur ʼn haai aangeval is in die see by Stilbaai in die Wes-Kaap.

Enrico Menezies, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Stilbaai, het gesê lede van die NSRI is Sondag omstreeks 15:00 ontbied ná berigte dat ʼn branderplankryer deur ʼn haai aangeval is by Morris Reef.

Volgens Menezies was twee lede van die NSRI se bemanning besig om branderplank te ry in die omgewing en het hulle en ʼn lid van die publiek die man uit die water gehelp. Die NSRI-lede het behandeling op die man begin toepas.

Die man is na die NSRI se Stilbaai-basis daar naby geneem vir verdere behandeling. Die provinsiale nooddienste en ʼn Skymed-helikopter was kort hierna op die toneel en het die behandeling oorgeneem. Die man is per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere mediese sorg.

Volgens Menezies het die man skeurwonde aan sy regterkuit, -knie en -heup opgedoen. “Die pasiënt was deurentyd wakker en vol moed,” het hy gesê.

Lees die opvolgberig: Man stabiel ná Stilbaai-haaiaanval, vriend vertel wat hy gesien het

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.