’n Volwasse man in sy 50’s het Maandagoggend by ’n huis in Reservoir Hills in Durban verdrink.
Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 08:00 na die toneel ontbied.
“Gesinslede het glo die man in die swembad aangetref en onmiddellik nooddienste gekontak. Die presiese omstandighede rondom die voorval sal ondersoek word,” het Dollman gesê.
Daar was volgens Dollman niks wat paramedici vir die man kon doen nie en hy is op die toneel dood verklaar.
Dollman waarsku dat verdrinkings in die somer toeneem, veral in die feesseisoen. Hy het alle ouers en kinderoppassers gemaan om ekstra versigtig te wees.
En nie een van hulle dink daaraan om hom uit die water te haal en te.probeer cpr toepas tot die paramedici daar aankom nie? Dit kon dalk net sy lewe gered het. Vreemd. Vra maar net.
Dit is tragies. Een van my grootste vrese is verdrinking. Ek wil niks weg vat van die erens van die saak nie maar hoe ironies is dit dat met al die oorstromings in Natal verlede week sou hierdie arme man dit oorleef net om n week later in sy eie swembad te verdrink. Ironies maar baie tragies. My hart gaan uit na die familie.
Cathy en waar lees jy dat hulle hom nie uitgehaal het nie?
Hulle noem nie in die berig dat hy in die swembad gelos is of uit gehaal is en KPR toe gepas is nie nie. Ek’s seker hulle het hom nie onder op die bodem gelos nie. En KPR, as dit nie reg toe gepas word nie kan eintlik erger wees.
Die berig is miskien onvolledig, maar ek lees nie dat sy liggaam nog in die swembad was by die noodpersoneel se aankoms nie!