Man in sy huis vermoor

Argieffoto: eNuus

Argieffoto: eNuus

ʼn 51-jarige man is vermoor nadat drie mans Maandagoggend toegang tot sy huis in Wierdapark, Pretoria, verkry het.

Die man se vrou is vasgebind en die verdagtes het met drie selfone ter waarde van R10 000 op die vlug geslaan.

Volgens kapt. Agnes Huma, woordvoerder van die Wierdabrug-polisiekantoor, het drie mans, waarvan een rastalokke het, die man gekonfronteer. “Die rowers het daarna die vrou se hande met tou vasgebind.”

Die vrou het, na wat verneem word, daarin geslaag om haar hande los te kry en haar man dood voor die motorhuis aangetref. “Die oorledene het ʼn wond langs sy regteroor gehad. ʼn Bloedbesmeerde klip is langs die liggaam aangetref,” het Huma gesê.

Huma het aan Maroela Media gesê die naam van die oorledene kan nog nie bekend gemaak word nie, aangesien al sy naasbestaandes nog nie van sy dood in kennis gestel is nie.

Die polisie ondersoek sake van moord en huisroof. Volgens Huma is niemand nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
sue

Watse verassing sal dit nie wees om net vir een dag nie oor dood en moordslag te lees nie. My hart gaan uit na nog n gebroke familie. Ek raak elke dag meer bang oor die feit dat ek my twee jong kinders as enkel mamma in hierdie land moet grootmaak…… wens hulle kon net die lewe geniet soos dit kinders behaag…. sonder n vrees oor wat die lewe oor n uur, n dag , n week sal bring. Mens weet nie wat die dag van more bring nie …. maar glo vir my ek sal hand, tand, voet, watookal… Lees meer »

dpi

Sue met God woord in die hand es sy Gees in ons hart sal Hy sorg dat ons by alleverdwaal paaie en doodloop strate verby gaan.
Vir die familie mag God met sy Gees julle ryklik vertroos met die verlies.

Rina Pretorius

Ek wens net ons mense wil besef dit gaan nie hier oor roof nie, dit is n uitgewerkte plan om ons blankes te vermoor, ons is gewikkel in ‘n eensydige oorlog teen ‘n spul lafaarts wat nie ons manne kan face nie, hulle val jou agter jou rug aan en hulle kom 5-6 teen 1. Die staat help ons nie dit kan ons mos maar sien, ons word dan vervolg omdat ons ons bekker rek oor wat aangaan, hulle verwag ons moet stilbly en net aanvaar dat ons uitgemoor en verneder word. DIE DAG GAAN KOM EN DIS BAIE NABY,… Lees meer »

Elsje

God slaap nie Hy sien en hy gaan hul straf. Ons is soos geblikte leeus ons huise is die hokke en hul is die jagters. My broer en sy gesin het na so n jag lewend daaruit gekom en ons dank die Vader daarvoor, hierdie gesin moet nou sonder hul pappa en eggenoot en vir hulle sal ek bid dat God hul sal beskerm en hul met liefde deur hierdie tyd sal dra.

MICHELLE

En wat nou? Wie gee vir hulle die reg om mense dood te maak? Hoekom is daar nie ,n groot bohaai nie?