Man in sy huis vermoor

Argieffoto: eNuus

Argieffoto: eNuus

ʼn 51-jarige man is vermoor nadat drie mans Maandagoggend toegang tot sy huis in Wierdapark, Pretoria, verkry het.

Die man se vrou is vasgebind en die verdagtes het met drie selfone ter waarde van R10 000 op die vlug geslaan.

Volgens kapt. Agnes Huma, woordvoerder van die Wierdabrug-polisiekantoor, het drie mans, waarvan een rastalokke het, die man gekonfronteer. “Die rowers het daarna die vrou se hande met tou vasgebind.”

Die vrou het, na wat verneem word, daarin geslaag om haar hande los te kry en haar man dood voor die motorhuis aangetref. “Die oorledene het ʼn wond langs sy regteroor gehad. ʼn Bloedbesmeerde klip is langs die liggaam aangetref,” het Huma gesê.

Huma het aan Maroela Media gesê die naam van die oorledene kan nog nie bekend gemaak word nie, aangesien al sy naasbestaandes nog nie van sy dood in kennis gestel is nie.

Die polisie ondersoek sake van moord en huisroof. Volgens Huma is niemand nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

sue ·

Watse verassing sal dit nie wees om net vir een dag nie oor dood en moordslag te lees nie. My hart gaan uit na nog n gebroke familie. Ek raak elke dag meer bang oor die feit dat ek my twee jong kinders as enkel mamma in hierdie land moet grootmaak…… wens hulle kon net die lewe geniet soos dit kinders behaag…. sonder n vrees oor wat die lewe oor n uur, n dag , n week sal bring. Mens weet nie wat die dag van more bring nie …. maar glo vir my ek sal hand, tand, voet, watookal baklei vir die veleigheid van my kinders…

Barnie ·

As n jong beskaafde mens in hierdie land nie besef dit is jammer maar tyd het aangebreek om te gee pad nie gaan jy deel word van die moord statistiek.

Sarie ·

@ Sue: Ek het etlike jare in Doringkloof gewoon & my kinders was onderskeidelik in Doringkloof Laer (Hulle was van die eerstes wat daar skool gegaan het. Hulle was in Irene Parralel Medium, terwyl Doringkloof Laer in aanbou was) & Voortrekkerhoogte Hoërskool & ek het nòòit kon dròòm dat toestande sò sou versleg nie. Die eens veilige gebied, is nou àlles behalwe veilig…

dpi ·

Sue met God woord in die hand es sy Gees in ons hart sal Hy sorg dat ons by alleverdwaal paaie en doodloop strate verby gaan.
Vir die familie mag God met sy Gees julle ryklik vertroos met die verlies.

Rina Pretorius ·

Ek wens net ons mense wil besef dit gaan nie hier oor roof nie, dit is n uitgewerkte plan om ons blankes te vermoor, ons is gewikkel in ‘n eensydige oorlog teen ‘n spul lafaarts wat nie ons manne kan face nie, hulle val jou agter jou rug aan en hulle kom 5-6 teen 1. Die staat help ons nie dit kan ons mos maar sien, ons word dan vervolg omdat ons ons bekker rek oor wat aangaan, hulle verwag ons moet stilbly en net aanvaar dat ons uitgemoor en verneder word. DIE DAG GAAN KOM EN DIS BAIE NABY, WEES BEDAG

boer ·

Ek stem 100% saam met jou. Hulle kies die maklikke teikens of maak dit vir hulself maklik
om 5 of 6 , een persoon te pak . Soos jy se ons bevind onsself in n volksmoord situasie, hier in SA.

Elsje ·

God slaap nie Hy sien en hy gaan hul straf. Ons is soos geblikte leeus ons huise is die hokke en hul is die jagters. My broer en sy gesin het na so n jag lewend daaruit gekom en ons dank die Vader daarvoor, hierdie gesin moet nou sonder hul pappa en eggenoot en vir hulle sal ek bid dat God hul sal beskerm en hul met liefde deur hierdie tyd sal dra.

MICHELLE ·

En wat nou? Wie gee vir hulle die reg om mense dood te maak? Hoekom is daar nie ,n groot bohaai nie?

Bullseye ·

Want almal is meer ontsteld oor sosiale media as die wrede werklikheid…

Pendoring ·

So, Rina en boer, die blanke word sistematies uitgemoor, volksmoord, ens. ens. Waar klassifiseer ons dan die anderskleuriges wat in GROTER hoeveelhede op dieselfde maniere beroof, verkrag en vermoor word? Raas en blaas soveel as wat julle wil, misdaad tref ALMAL.

Nel ·

Asb Mnr/Mev Pendoring wys my die statistieke wat aandui dat nie-blankes, teen ń hoër tempo vermoor word, en op die selfde wyse, deur lede van die teenoorgestelde ras

elize naude ·

glo geen statistiek wat jy nie self gemanupileer het nie!

martin ·

Ek twyfel want ons blankes kan nie saam staan nie.hoeveel jare gelede toe die eerste boere vermoor was het blankes geskreeu, laat die volgende een vermoor word dan sal jy sien wat ons doen! Ons is slapgatte, dit het ek in 1978 in Swa op grens gesien- die grootprater al die tyd was die grootste lafaard toe aksie plaasvind

Pietie ·

Waar staan dit geskryf dat die slagoffer wit was? As mens tussen die lyne lees was hy nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.