Man in sy motor geskiet

Conradie het verskeie wonde aan sy keel gehad. (Argieffoto)

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord nadat ʼn man Dinsdag voor ʼn moskee in sy motor geskiet is.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, sê die man het omstreeks 10:00 in sy motor voor die ingang van ʼn moskee in Spencerweg in Durban gesit, toe ʼn man sy motor nader. Dié man het vier skote op die motor afgevuur.

Die man in die motor is in die proses gewond en die verdagte het in ʼn wegkommotor gevlug.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê met paramedici se aankoms omstreeks 10:04 op die toneel het hulle die man in ʼn kritieke toestand in sy motor aangetref.

Paramedici het die man op die toneel behandel. Weens die ernstige aard van sy beserings is hy met Netcare 911 se ambulanshelikopter hospitaal toe geneem vir verdere mediese behandeling.

Die polisie se ondersoek gaan intussen voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.