Man in veiligheidskompleks doodgeskiet

Argieffoto: Kent Williamson

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Man is Sondag in die vroeë oggendure deur gewapende rowers in ʼn veiligheidskompleks in Rustenburg, Noordwes, doodgeskiet.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 59-jarige vrou het net ná middernag wakker geskrik van geluide in die egpaar se huis in die Savanna Falls Estate. Sy het haar man (62) wakker gemaak en hulle het gaan ondersoek instel toe hulle op ʼn aantal gewapende rowers in die huis afgekom het.

“Die rowers het vuurwapens op die egpaar gerig en geld geëis. Die vrou het teruggehardloop na die slaapkamer en haarself toegesluit. Sy het gehoor hoe ʼn skoot afgevuur word,” het Moleko gesê.

Volgens Moleko is die man op sy ken en in die bolyf gewond. Hy is na ʼn hospitaal gehaas, maar is met sy aankoms daar dood verklaar. Die rowers het slegs met ʼn televisie op die vlug geslaan.

Moleko kon nie onmiddellik bevestig hoe die rowers toegang tot die huis verkry het nie. Sy het gesê die polisie moet nog die vrou se verklaring afneem.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van huisbraak en moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Hanlie ·

Dit is so tragies. Vrees elke dag vir my 2 siek ouers op die plaas se lewens terwyl ek by die werk is. My hart gaan uit na die naasbestaandes.

Sam ·

Hi Hanlie
Moenie vrees nie, vrees net ons Almagtige Skepper. Daar staan geskrywe dit wat jy vrees sal met jou gebeur. Ek sal bid vir jul veiligheid en wees blymoedig. Sterkte

Susan@ ·

Ñ rower vat en loop. Ñ moordenaar maak dood voor hy loop!!;Lankal nie meer rowers nie! ?

dirk ·

Dit is so. Dit is ontstellend verby. ‘n Mens durf nie afgestomp raak nie, dit moet jou aanspoor om te veg vir geregtigheid

Johan. H. ·

Die haat groei!!!! Juliaase het ook mos familie. Wag tot hulle naastes so groet ,,,, dans die vet in die fuur….Ek loop ook nou maar gewapen, al is dit net winkel toe, Mense kyk na julself

rudi ·

Om gewapen te wees help mens nie net jouself. Mense bid net vir beter dae. Ek sit my 38 aan my lyf elke oggend en bid dat ek gehelp sal word as die bose oor my pad kom. Doen en bid

PvZ ·

My pa het altyd gesê dat ons moenie vir Mandela kwaad wees nie. Ons moet vir FW kwaad wees. Jy kan nie vir die ander span se loskakel kwaad wees as hy goed is, en as ‘n resultaat verloor nie. Ek verwag van al die baie organisasie waar ek al my naam opgesit het, maandelikse fooie betaal ens. om VANDAG, ‘n verklaring uit te reik en te sê dit is genoeg. Begin die taal van Afrika praat. Moet asb nie vergeet wat met Hillary Clinton gebeur het nie. Julle het nog beheer. Verklaar asb. oorlog teen plaasmoorde, moord in die huise ens. Verklaar dat ons dit nie meer gaan duld nie. Verklaar dat die plase uitgelos moet word. Verklaar dat Malema nie meer mag vuur spoeg nie. Verklaar dat ons gatvol is. Hou op vir die ander span speel. Ons gaan julle almal “bench”. Pasop.

BJVR ·

Ek hoop hulle kry hulle, daar was n deeglike ondersoek gewees. So onnodig my vriend jy moes nog by ons gewees het maar jy het jou vrou beskerm. Sterke aan die familie.

Francis Linstrom ·

In SA vandag gaan kyk jy nie meer as jy in die nagtelike ure en selfs bedags geluide in jou huis hoor nie. Sluit jouself toe, Bewapen jouself indien jy kan, bel enige iemand betroubaar en stel jou daarop in om te jouself te verdedig.

Clowy ·

Ek wil nie meer die nuus lees nie. Dit breuk my hart in stukke. Onskuldige mense wat met hulle lewens betaal. Dis so onregverdig.

hugo ·

baie sagkens deur die media gestel, hy is koelbloedig vermoor deur koelbloedige wreedaards wat hul eie selfsugtige behoeftes wou bevredig, Die eggenoot het uit die huis gevlug om die moordenaars van sy vrou weg te kry en ten spyte daarvan agtervolg hul hom tot in die straat waar hul hom eenvoudig net elimineer. Nou word n eggenote, kinders en kleinkinders wees agtergelaat. Ek het hom geken, groot en sterk en hy sou sekerlik n geveg opgesit het om sy vrou te beskerm. Ons harte is verskeur en ons treur saam jou vriendin.

Christmas de Vries ·

Ons is verstom . Waarom ? Voor hulle groot geraak.

Lennie ·

Dit is so erg. My simpatie aan die familie. Dit is vir my of daar meer van die moorde in die Limpopo gebied gepleeg word, verskoon my as ek verkeerd is.

Scalla ·

Barbaarse optrede in n sogenaamde veiligheids kompleks, waar is die sekuriteit stelsel ens, dit gaan nie net oor roof nie, dinge kan nie so aangaan nie , dit is hoogtyd dat daar van ander planne en metodes gebruik gemaak moet word om die optredes te stuit. Sterkte aan die familie.

Leon ·

Tyd breek aan dat almal verantwoordelikheid aanvaar. Wat ek nou se gaan nie die persoon terugbring nie, maar hy het sekerlik die prys betaal om in die Veiligheidskomplejs te kon bly, maar waarvoor. Kla die kompleks bestuur aan as medepligtiges in moord. Miskien veroorsaak dit dat ander komplekse sal begin kyk na die veiligheid van hul inwoners. My absolute simpatie en meegevoel aan elk van die naasbestaandes.

Tanya ·

Hulle hoef nie ver te soek nie. Begin by die kompleks se sekuriteit. Die antwoorde sal daar gevind word.

Johan ·

My innige simpatie aan Etricia en die kinders. Woorde kan nie troos nie, maar ek hoop regverdigheid sal seëvier.

w ·

Tanya ek stem. Begin by security. Familielid kar gesteel veiligheidskomplex agter elektroniese hek. Raai wie het remotes vi hek gehad. Jip die sekuriteit

Aksie ·

MOENIE gaan kyk nie. Wag vir die vuilgoed met jou vuurwapen net daar waar jy is.

marie visser ·

Mense betaal enorme bedrae om in die sodanige ‘veiligheidskomplekse’ te bly, maar dit skrik nie die skelms af nie, wat ‘n klug – net ‘n geldmaakstorie. Bly maar op my erf in my huis in die munisipale gebied – Brandwag beskerming is baie beter gerat. Ons innige meegevoel met die familie!

Sarel ·

Alle veiligheidskomplekse nie dieselfde nie. Ons het geen wagte nie en streng reëls en dis wonderlik om hier te bly. Moes dit al lank terug gedoen het.

Henning ·

Ek bly ook in n veiligheidskompleks in Pretoria, maar glo my die mense wat hier bly is baie agterlosig. Deure en vensters oop. Los klein kinders alleen en gaan doen inkopies. Mense in veiligheidskomplekse moet asb hul plekkie beveilig asof dit hul eie huis is. Moenie op bure staatmaak nie. Wat so lekker is van n veiligheidskompleks…. geen honde se geblaf en mense wat by jou deur staan en geld vra nie. Maar onthou ons is nêrens veilig nie. Moet niemand vertrou nie.

Ellarine Steenkamp ·

Die gemors raak groter en disipline al minder! Van skool dwarsdeur, Universiteite, werkers – daar is geen respek vir ‘n lewe nie en self discipline is amper so skaars soos hoendertande! Indien die persone gevang word, wat kom hulle oor – 5 ster verblyf, met alle geriewe ingesluit terwyl ‘n hele familie se wereld ineen verkrummel het. Die skuldiges loop daar buite rond, hulle is glad nie bang hulle word gevang nie, want dit sal jare neem voor hulle voorkom en dan kom hulle so te se skotvry en die agterblewendes moet prober om die stukkies op te tel !!! Dit is skandelik om die minste te se.

Liendempers ·

Ek wonder nou net of ek reg lees??? Die SAPD kan nie se hoe toegang verkry is nie want hulle het nog nie die tannie se verklaring afgeneem nie???? Regtig? Was hulle nie op die toneel nie?

Skim ·

Hulle wag vir die tannie om met die motief, al die bewysstuke, en die gebeure vorendag te kom. Hulle is nie daar om ondersoek in te stel nie, deesdae neem hulle nie eers meer vingerafdrukke nie. Hulle wag vir iemand anders om die werk te doen, sodat hulle die docket kan sluit.

Mammamuis ·

Vir n blerrie TV!!!!!! Dis so hartseer. Sterkte aan die familie…

ANONIEM ·

Sjoe ken hierdie mense baie goed…. Dis so verskriklik……… Kan dit nou nog nie glo nie…..

Vrede ·

En dan maak hulle dit so moeilik vir mense om wettiglik ‘n wapen te besit. Mens wag letterlik maande vir jou lisensie. Skiet jy iemand intussen gaan jy verseker vervolg word. Dink steeds ons moet onsself met ander tipe wapens begin bewapen en leer hoe om dit effektief te gebruik .. Baie jammer vir die familie van die oorledene, julle ouers/broer/suster het niks verkeerds gedoen nie, hulle is die slagoffers van die geweld wat deur politici aangeblaas word agv haat, nyd, jaloesie en vergelding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.