ʼn Man is Dinsdag in die parkeerarea van ʼn woonkompleks in Bryanston in Johannesburg doodgeskiet.
Kapt. Mavelo Masondo, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn 59-jarige man het omstreeks 11:30 by die woonkompleks ingery waar hy woonagtig is. Twee mans in ʼn blou BMW het egter saam met hom by dié woonkompleks se hek ingery waarna hulle hom in die parkeerarea voorgekeer en geskiet het.
Die verdagtes het terug in hul motor geklim en op die vlug geslaan.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê nooddienste is na die toneel op Anslowweg ontbied waar hulle die man in die parkeerarea van die kompleks aangetref het.
Die man het ʼn skietwond aan sy kop opgedoen en het geen teken van lewe getoon nie. Hy is op die toneel dood verklaar.
Volgens Masondo is die motief vir die voorval op die stadium onbekend.
Die toepaslike owerhede was vanmiddag op die toneel en ʼn ondersoek is deur die polisie van stapel gestuur. Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
En niemand gaan gevang word nie dalk as publiek help want ons sapd is nou maar net nie opgewasse nie
Net nog n nommer
Elke keer dieselfde storie “niemand is in hegtenis geneem nie. Brand af, moor, verkrag, niemand word in hegtenis geneem nie. En die verkiesing masjien met al die leuens rol voort, sonder dat enigiemand ag slaan op die benarde situasie in die land nie.
Ai tog! Nog ‘n dag, nog ‘n moord. Dit hou net eenvoudig nie op nie. Siek siek siek vir hierdie wettelose misdaadhool!!!
My innige simpatie en meegevoel aan die man se naasbestaandes.
Woonkomplekse behoort, indien nie sekuriteit nie, ten minste elektroniese hekke te hê.
Was dit nie dalk ook ‘n “hit” nie? Klink darem vreemd dat die persoon net geskiet is en hulle weg is sonder sy kar. Daar is onlangs iemand so koelbloedig vermoor in ons stil buurt en agterna het nuusberigte gese dit was ‘n “hit”. Die ou was ook in sy vyftigs. Jammer vir die familie van die oorledene.