Man in wynvat laat eie rekord spat

Vernon Kruger in die wynvat. (Foto: Michele Meacher/Facebook)

Vernon Kruger het vandeesweek sy eie Guinness-wêreldrekord verbeter nadat hy in 1997 vir die eerste keer 67 dae lank in ʼn 500 ℓ-wynvaatjie op ʼn paal vasgemaak deurgebring het.

Kruger het Maandag omstreeks 11:34 dié rekord in Dullstroom in Mpumalanga verbeter ten aanskoue van talle jubelende dorpenaars.

Tog het hy nog nie weer kennis met die grond gemaak nie, vertel hy Woensdag aan Maroela Media. Dit is vandag sy 69ste dag in dié wynvat. Dit is nie duidelik op hoeveel dae hy beplan om dié keer se rekord te stel nie.

“Dit is nou seker die moeilikste tyd, want ek weet ek kan maar afkom. Ek is baie bewus van elke oomblik. Ek het genoeg gehad, maar ek sal nog bietjie kan vasbyt,” verduidelik hy.

Kruger sê hy sal wel oor die volgende paar dae moet besluit wanneer hy uit die wynvat gebring moet word sodat die nodige reëlings, soos ’n helikopter, getref kan word.

Groot feesvieringe het Maandag in Dullstroom geheers met ballonne en vonkelwyn.

Selfs internasionale mediahuise soos BBC, Sky News en Abu Dhabi se Radio 1 het die afgelope ruk  kennis geneem van Kruger se poging om die rekord te verbeter en sy vasbyt in die wynvat verstom nou ook talle in die buiteland.

“Dit het snaaks genoeg so vinnig gekom. Ek dink dit moet nog insink. Dit sal seker ’n werklikheid word wanneer ek afkom,” vertel hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kokkie ·

Ja, Thomas. En hulle moes dit al twaalf keer met Ierse Guinness hervul. Blykbaar ook ‘n soort van ‘n nuwe rekord.

HAHA ·

Sjoe. Ek wil net weet, wat het hy elke dag gemaak in die wynvat?? het hy beskutting gehad teen die weer / reen? Maar WAT kon hy doen daar binne? en Hoekom?

Plz stp ·

Lees tussen die lyne . Dis die eintlike rekord . Vra my , ek was al op n interkaap bus .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.