Man jaag glo meer as 240 km/h met kinders in kar

Die Maserati waarmee die man glo gejaag het. Foto: EMPD

Die Maserati waarmee die man glo gejaag het. Foto: EMPD

ʼn 38-jarige man sal na verwagting Maandag in die landdroshof verskyn nadat hy glo 245 km/h met ʼn Maserati op die R21-snelweg tussen Pretoria en Johannesburg gejaag het.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), het aan Maroela Media gesê die EMPD se hoëspoedeenheid was Saterdag besig met patrollie op die R21-suid toe die man omstreeks 07:30 naby die R562-brug by Olifantsfontein van die pad af getrek is.

“Die man het 245 km/h in ʼn 120 km/h-sone gejaag. Hy het twee passasiers, onderskeidelik vier en 17 jaar oud, in die sportmotor gehad en beweer hy moes jaag om by die Internasionale Lughawe OR Tambo uit te kom,” het Kgasago gesê.

Die man is in hegtenis geneem en na die Olifantsfontein-polisiestasie geneem waar hy aangekla is van roekelose of nalatige bestuur. Hy is op borgtog van R1 000 vrygelaat en moet Maandag in die Tembisa-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Johann ·

R1000 borgtog? Dis darm baie geld vir iemand wat net haastig was? Ek bedoel; meer as gereeld moet ek padgee vir die bloulog brigades wat ook maar net jaastig is?

Asjas ·

Ek dink nou weer dit is min vir iemand wat so kar kan bekostig.

Knapie ·

Neem aan hy was toe nooit betyds vir die lughawe nie.

Idiote soos dié dink mos omdat hulle geld het gee dit hulle die reg om al die ander motoriste op daai pad se lewens in gevaar te stel weens sy gebrek aab beplanning.

m ·

Sal sulke windgat mense nooit verstaan nie. Hy sit sy eie lewe en ander mense se lewens in gevaar om nie eers van die kinders te praat nie……

Jan maak n Plan ·

Shame toe piets hulle die boetie so liggies met ‘n R1000 borgtog , dis darem maar verskriklik. Hulle sal hom ook seker maar ook so n afgewaterde boetetjie ook gee, i.p.v. om sy kar en lisensie weg te vat en hom vir ‘n paar jaar toe te sluit.

tamboti ·

Die bedrag borg is belaglik laag as mens die motor en spoed in ag neem, ek reken minimum van R100 000 sou meer toepaslik wees om die ernstigheid van die oortreding te pas, gaan kyk bietjie na vorige gevalle.

snuffels ·

Die borgtog geld is die kleingeld wat hy in sy kar se asbakkie hou

Grap ·

Geen vrees vir die wetstoepassers nie wat verwag jy ry ‘n maserati kry R 1000.00 borg kleingeld.

christine ·

Te min en stadige brein daardie motor te vinnig vir jou ou pel

E.K. ·

Iemand wat so kar besit koop dit regtig net om te kan jaag. Wat se voorbeeld is hy vir sy kinders; ons kan soms maar jok en soms maar die wette en reëls verbreek (deur bv te jaag). Praat ook nie van onskuldiges se lewens in gevaar stel nie, daaraan dink die selfsugtige ou natuurlik glad nie – net sy eie plesier tel. Borgtogbedrag behoort in direkte lyn staan met die waarde van die kar, laat hy dit aan sy sak voel!

Donovan ·

Ek dink die man moes n KWAAI vrou gaan optel het by die lughawe en wou maar net n lekker naweek verder gehad het, sonder n dikbek vrou…

vermeende ·

N Maserati word gebou vir hoe snelhede en het spesifieke onderstel en bande vie padhou vermoee. Die Maserati is teen 250km/h n baie veiliger voertuig as die SUV’s van die bloulig briegades wat gebou word vir gemak en nie vir jaag nie maar nog nie een van hulle is al voor die hof gebring vir spoed nie.

Pendoring ·

Dit is so, ‘n Maserati is gebou vir hoë snelhede. Eerstens moet jy ‘n hoë snelheid brein hê om hom te hanteer, tweedens kan jy daardie snelheid ry indien die pad se spoedgrens jou toelaat en derdens doen jy dit met passasiers wat kan toestemming gee dat jy met hulle lewens dobbel. Nie een van die vereistes was in plek nie. Ek sê neem af sy motor, skort sy lisensie vir 5 jaar op en gee hom ‘n beduidende boete. (>R200k) Miskien kry hy die boodskap.

nig ·

Pendoring, stem 100% met jou saam. Verder, ja “Vermeende” die blouligbrigade doen wat hul wil maar is dit dan nou reg dat hierdie ou so optree? as elkeen nou begin steel omdat sekeres in beheer van die land daarvan beskuldig word maak dit dit reg?? Nee, duisend maal nee, die man is uiters onverantwoordelik en sy kar meot sommer paar maande “geskut” word. Hulle moet dat hy gemeenskapsdiens doen in die vorm van help skoonmaak na grusame ongelukke ens dan sal hy dalk kliek dat hy so ‘n slagting kon veroorsaak het!

Henry ·

Hulle moes hom aangehou het in die sel tot Maandag en nie net sy kar nie……………..op daai spoed kan n ander voertuig se foute jou lewe kos as hy uitswaai !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Geldelike boete is vir party mense nie n afskrik middel nie, tronkstraf of gemeenskapsdies wel……….

vermeende ·

Pendoring lees weer wat ek gese het, ek tref n vergelyking tussen die Maserati en die bloulig brigade aan wie daar niks gedoen word nie. Soedgrens bly 120 en dit maak nie saak wat jy ry nie. Het jy al ooit gehoor van n bloulig wat afgetrek word vir spoed, hulle ia n groter gevaar op ons paie.

Anoniem ·

Dit is baie onverantwoordelik, hoe selfsugtig is hy nie. As hy in n ongeluk moes wees met sy kinders en hulle iets oor gekom het en hy het niks makeer nie, dan sou hy so jammer gevoel het vir homself. As hy wil jaag doen dit op n renbaan alleen sodat jy 1 lewe neem en nie meer nie veral nie kinders nie hulle het nie gevra om daar te wees nie, ek as n ouer dink altyd eerste aan my kinders nie my genot nie. Welgedaan om so motor te kan bekostig ek gee dit vir hom, maar dink aan ander mense voor jy aan jouself dink!!!!!

Kaspaas ·

Die EMPD het n kar wat 245km/h kan ry? WOW. Seker n warm gemaakte Citi Golf.

johann cb ·

Goed gesê Kaspaas! My regtervoet sal ook jeuk as dit my vuurwa is, maar darem binne verantwoordelike perke. Het hy regtig só baie geld as die borg so min is? Met twee minderjariges by hom?

Tammy ·

R1000 is dit hoeveel die passasiers se lewens werd is? Oee en dan nog die ander mense op die pad vir wie hy n bedryging inhou? Ag nee, dis n skande!

Tiger ·

Hy moes nie borg gekry het nie no.1 en no.2 sy Maserati moet verbeurt verklaar word.Ek het GEEN simpatie met mense wat besete raak agter hul motors se sture nie.Of dit nou ‘n Ferrari of Maserati of Mercedes of ‘n Golf VR6 of Fiat Panda of wat is.Konfiskeer sy motor onmiddelik as hy die spoedperk met meer as 40km/h oorskry.Spoed meters in motors is deesdae baie akkuraat so daar is nie ‘n verskoning nie.

Pierre ·

Sorry Brother, there is no place in jail.Where must I keep him?In the kraal?
Paar honderd onder die tafel en hy smile. Not so serious,ok?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.