Man jaag met Downsindroom-kind (34) weg toe pa in winkel is

Ryan Meyer. Foto: Verskaf.

Die polisie in Oos-Londen het ʼn dringende beroep op lede van die gemeenskap gedoen om te help om ʼn 34-jarige man met Down se sindroom op te spoor.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, het gesê Ryan Meyer (34) het vir sy pa, ao. Floyd Meyer, in ʼn blou Mazda 3 voor ʼn bandewinkel in Cambridgestraat gewag.

Die pa is ook die eienaar van die winkel.

“Terwyl die eienaar (die pa) binne die winkel besig was en sy seun vir hom in die motor gewag het, het ʼn onbekende man in die voertuig geklim en met die seun weggery,” het Govender gesê.

Die registrasienommer van die motor is FFM2187 EC.

Govender het gesê die pa is ongelooflik getraumatiseerd oor die voorval.

Die polisie het ʼn dringende beroep op enigiemand met inligting oor die voorval gedoen om die misdaadstoplyn by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johann cb ·

Ek woon self in die Oos-Kaap – die voertuig se registrasienommer is beslis foutief deurgegee!
Maroela kan beslis help met die regstelling!

Blommie ·

Skyn lyk ook nie reg vir my nie. Kan Maroela net bevestig…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.