Man jaag met Land Rover in Centurion-polisiestasie vas

(Foto verskaf)

ʼn Man is in Pretoria in hegtenis geneem toe hy met sy Land Rover teen Lyttelton-polisiestasie se speurderkantore vasgejaag het.

“ʼn Inwoner van Lyttelton Manor het Donderdagmiddag omstreeks 17:15 na bewering in die hek van sy huis in Langebrinkweg agter die Lyttelton-polisiestasie vasgejaag, het kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die voertuig se spoed het vermeerder en die man het deur die bure se muur gebars en oor die besige Cliftonlaan gejaag voor hy uiteindelik teen die kantore by die polisiestasie tot stilstand gekom het.

“Die man het vermoedelik sy bewussyn verloor en sy voet was steeds op die petrolpedaal,” het Weilbach verduidelik. “Hy het wonderbaarlik alle aankomende verkeer in Cliftonlaan gemis.”

Weilbach het gesê niemand was in daardie stadium in die speurderkantore nie en niemand is beseer nie.

“Die bestuurder het ook nie enige beserings opgedoen nie. Die speurderkantore is erg beskadig. Dossiere moes verwyder word en na veiligheid geskuif word. Van die kantore het tans nie elektrisiteit nie, omdat ʼn kragboks ook beskadig is,” het sy bygevoeg.

Die middeljarige man is in hegtenis geneem op aanklag van bestuur onder die invloed van alkohol en sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Andreas ·

Polisiestasie, ‘n gebou van metaal? Lyk soos ‘n voorafvervaargide struktuur.

Rooi Jan ·

Dit is tydelike kantore agter die polisiestasie. Jammer oor die mooi motor wat die ou in sy maai in gery het.

Koos de Meyer. ·

Dit is prefab kantore waar die speurders en ander persone werk. Nie die hoof gebou nie.

Cherokee ·

Niemand is beseer nie, selfs nie eens die bestuurder nie, maar die kantore is in hulle se maai gery. Selfs die Làndie lyk nog redelik okay. Ek dink hierdie is net ‘n advertensie deur Landrover geloots. (of deur Klipdrift)

Mariska ·

Die hartseer is. dit is nie n snert storie nie. dis n werklike gebeurtenis. ek was self op die toneel.

Cherokee ·

Ek glo jou Mariska. Wat ek gesê het was met die tong in die kies gedoen.

Eben ·

Gie gie ….. 17h15 agter die stuur bewusloos gedrink ….. en dis nog vêr van Kersparty …. en die Bulle speel ook nie die naweek ?

Sipho ·

Die diens by daardie spesifieke polisiestasie is só swak ‘ n mens sal dink dit word deur lyke beman. Lyk of hierdie ou hulle wakker gekry het! Gee hom nóg ‘n Bells!

Johann ·

Ek was onlangs daar om ‘n voertuigongeluk aan te meld. Van die eerste persoon voor by die toonbank tot die in die kantoor waar ek verklaring moes aflê was uiters vinnig om my van hulpmtecwees en baie vriendelik. Partykeer moet ons ook maar leer om met ‘n vriendelike houdingvp daar in te stap.

Andre ·

1e keer in baie jare dat SAPS “vinnig” op toneel was!!!!

Yankee ·

Waarom, en met trane vra ek. Los die gesuip mense. As as dit dan moet, doen dit tuis, en steek weg die karsleutel!!

Johan ·

Wat het die polisie onder die Landrover gevind ? …. `n plas olie.

Oops ·

SA se eerste drive-thru polisiestasie! As die vriendelike en vinnige mense van Mcdonalds daar werk vat dit minder as een minuut om jou verklaring af te lê. Ek dink met ons hoë misdaadsyfers moet ons ernstig so iets oorweeg.

Esther ·

Was Marelize nie die bestuurder nie….? Gelukkige het sy die paal gemis!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.