Man jaag, ploeg in twee gr. 1-leerders in

Argieffoto

Twee gr. 1-leerders van Malamulela in Limpopo is dood nadat ʼn man glo Vrydag net ná die skool uitgekom het oor hulle gery het.

Kapt. Mamphaswa Seabi, provinsiale woordvoerder, sê ʼn 40-jarige man is Saterdag op aanklag van strafbare manslag in hegtenis geneem in verband met die dood van dié twee leerders.

Seabi sê die man het glo teen ʼn hoë spoed gery toe hy tydens spitsverkeertyd, vermoedelik net ná 13:00, in die twee kinders ingeploeg het.

Paramedici het die kinders op die toneel dood verklaar.

“Al die ander leerders wat die afgryslike voorval gesien het, is só geweldig getraumatiseer dat maatskaplike werkers ingeroep is om met die kinders te gaan gesels,” sê hy.

Die 40-jarige man verskyn Maandag in die Malamulela-landdroshof.

“Die polisie doen net weer ʼn beroep op motoriste om te alle tye verkeersreëls te respekteer en te hou by die vasgestelde spoedgrense.”

ʼn Ondersoek na die saak duur steeds voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

hendrik ·

Stem saam Koos. Die doodskis sage was poging tot moord en as jy bestuur soos n maniak kan hierdie tel as moord.

Apache ·

Wat gaan aan in sulke mense se koppe om so iets te doen, dis siek man. kla hom aan vir moord.

marous ·

“Die polisie doen net weer ‘n beroep” ? Hulle moet hul beroepe begin beoefen en optree !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.