Man ‘jammer’ hy gooi hondekarkas in straat

‘n Skermskoot uit die video wat op sosiale media versprei word.

Die Johannesburgse man wat op kringtelevisiebeeldmateriaal vasgevang is toe hy ʼn hond se karkas in ʼn straat in Kensington in Johannesburg gestort het, het in ʼn verklaring gesê hy is bereid om gemeenskapsdiens te verrig om te vergoed vir sy optrede.

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Sandton het gesê hulle het ʼn brief van die man ontvang waarin hy volle verantwoordelikheid aanvaar vir die voorval.

Die man, die hoof van litigasie by ʼn toonaangewende regsfirma in Sandton, sê in die brief die karkas van die hond wat hy in die straat gegooi het, is die gesin se hond, Mbali. Mbali is 13 jaar gelede by die Sandton DBV deur die man en sy vrou aangeneem toe sy net ʼn jaar oud was en het Sondagaand by die gesin se huis gevrek.

Die man het daarna Mbali se karkas in ʼn straat gegooi, glo omdat hy op pad was na ʼn vergadering. “Ek het erken dat ek heeltemal verkeerd opgetree het deur van Mbali se karkas ontslae te raak soos wat ek gedoen het. Ek wil my opregte spyt en berou uitspreek oor my onaanvaarbare gedrag,” lui die brief.

“As ʼn vorm van verskoning, wat ek weet steeds nie genoeg is nie, het ek aangebied om die DBV op verskeie maniere te help, insluitend deur gemeenskapsdiens en inisiatiewe om die waardes en regte wat die DBV nastreef te handhaaf. Ek is bewus daarvan dat my verskoning nie die feite van die saak verander nie. Ek hoop egter dat my toekomstige gedrag en aksies aan julle sal bewys hoe jammer ek is. Ek sal voortgaan om my samewerking aan die DBV te gee.”

Die Sandton DBV het in ʼn inskrywing op sy Facebook-blad gesê daar is geen bewyse dat daar in hierdie voorval enige dieremishandeling plaasgevind het of oortreding van die Wet op die Beskerming van Diere was nie.

Die DBV het wel vroeër gesê hy is in die proses om ʼn strafregtelike aanklag van onwettige storting in oortreding van die Stad Johannesburg se munisipale regulasies teen die regsman aanhangig te maak. “Die Sandton DBV wil ʼn duidelike boodskap stuur dat geen vorm van wreedheid teenoor diere geduld sal word nie en ons staan by ons missie om mishandeling van diere te voorkom.”

*Die naam van die betrokke persoon en regsfirma waar hy werksaam is, word ingevolge ʼn redaksionele besluit weerhou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Stoffel ·

Jy gooi die hond wat jy 13 jaar gehad het in die straat weg? Regtig? Kon jy nie ‘n gat in jou rykmanstuin grawe nie? Jy maak my siek…

ounooi se liefhond ·

Too little to late, maar seker ‘n begin. Laat hy vir minstens ‘n jaar die DBV-hokke skoonmaak en al die honde wat hondehemel toe gaan, voorberei vir hul laaste reis. So sal hy hopelik leer om ‘n dier wat doodgaan met respek te hanteer. Ai! Enige geldelike bydraes welkom, maar slegs as donasies en nie omkoopgeld nie.

CC ·

Ai Stoffel… en jy sal nooit iets doen wat ander hul wenkbroue oor laat lig nie? Hy het nie moord gepleeg of iets dergliks nie. Ja hul hond het dalk nie dit verdien nie en ek dink ook hy was nie reg nie, maar ai, gee hom genade soos wat jy genade verlang…

Stoffel ·

Jy mis die punt, Johan. Die beroep, die motor, die woonbuurt? Die man is duidelik welgesteld en kon enige alternatiewe metode gebruik het om van die oorskot ontslae te raak. Brein chip malfunction vanoggend?

Piet Snot ·

Ek dink ons moet almal kalmeer. Soos Koos sê, ‘n kind en ‘n dier is nie dieselfde nie.
My hond maak ‘n integrale liefdevolle deel van my gesin uit. Hy’s egter steeds ‘n ding (gaan stof jou ou Sakereg handboek af en kyk wat dit sê).
Die oortreder het iets onregmatig weggegooi; nie iemand nie.

Stoffelina ·

Stoffel! En daar sê jy wat almal dink, as jou hond van 13 jaar dooi dan gooi jy hom in die straat? Basta en as die DBV enige breins het sal hulle hierdie man nie weer naby enige diere toelaat nie.

AH ·

Aan Piet Snot wil ek net sê dat ek twyfel oor die “integrate” deel van sy gesin wat hy sy hond noem en tog sien hy niks verkeerd met die weggooi van die hond se liggaam nie! Ek het Kinders en troeteldiere en ek behandel hulle met dieselfde liefde en respek want ons het die troeteldiere gekies om ons lewens te deel en daarmee ‘n beloof om hulle te versorg en lief te hê solank as hulle lewe. Piet Snot is dus nie ‘n regte diere liefhebber nie want wat die wette ook al sê, as sy hart op die regte plek sit sal sy troeteldier nie ‘n ding wees wat net kan weggegooi word nie!

cb ·

Meneer jy het Mbali aangeneem as puppy, en ontslar geraak van haar op so wrede manier, in elk geval die diere gaan dood van siekte, en die woord vrek, ag sies man. Hoop hulle verbied jou om ooit weer vierpoot vriende aan te neem.. Jy is ‘n “sad case of disgrace” Amen

Veronica Scheepers ·

Sjoe! Ht 13 jaar dan vi jo niks beteken nie!!!! Vir daai hond was julle sy hele lewe, sy totale bestaan, en jy gooi hom langs di pad weg?!!!

Johan ·

Dit klink my of die DBV baie daarby sal baat deur die man se verskoning en sy bydraes te aanvaar. Waarom dan nou verder wil vervolg? Maak liewer ‘n voorbeeld van mense wat diere mishandel. Kry tog perspektief.

Cherokee ·

Slegs na gelang van jou mening, Karools. Die meerderheid verskil.

M'Lady ·

n Pensionaris (wat brongitis gehad het) en n hawelose man het die hond opgetel, hom in n kombers toegedraai en na die DBV geneem. Hierdie twee mense het gewys wat omgee en empatie beteken. Hierdie man is net spyt dat hy uitgevang is.

Hannelie ·

Ag bollie man. Hoekom nie die arme hond dan begrawe soos normale mense nie. Ons hondjies is soos kinders in ons huis. Ek sal nooit net die karkas in die straat kan gooi nie. Sies man.

Koos ·

Kom ons bly eerder in ‘n wêreld waar kinders, kinders is en diere, diere

Karolis ·

Soos plaasmoorde en rooftogte by huise en…en…en…en…

Jannie ·

Julle oordeel darem lekker, laat my wonder hoekom ons so swaarkry.
Ek keer gladnie die optrede goed nie maar om ń man wat opreg spyt is (wie sal weet) so te stenig is volgens my baie swak.
Dit wil voorkom of sekere mense net wag vir ń berig om mense sleg te sê.

Koos ·

Ja hulle moet eerder balk uit eie oog haal. Wonder wat doen hulle agter geslote deure…

Piet ·

Ek het n probleem met mense wat diere gelyk stel aan mense maar die ou moes maar liewer die hond begrawe het of laat ver-as het vir gesondheids redes, nie oor sentimentele twak nie

Onder-die-arm ·

Hy is vreeslik jammer….. omdat hy uitgevang is. En omdat n kriminele rekord sy loopbaan in die wiele kan ry. Ek vertrou die DBV sal die saak reg hanteer.

Johan ·

Onder-die-arm, dit wat hy gedoen het is nie krimineel nie. Nie eers amper nie. Baie mense gooi dooie diere we in plaas van om te begrawe. Die man het ‘n hond gered deur hom by die DBV weg te vat en vir 13 jaar te versorg as deel van sy gesin. Hy het ‘n oordeelsvout begaan deur nie op die regte manier van die karkas ontslae te raak nie. Kry perspektief.

Is jy seker ·

Jammer, maar ek weet nie. Jammer is n woordjie wat maklik gesê word en dus wonder ek of hy regtig janmer is. Ek twyfel eintlik.

Cherokee ·

‘oordeelsvout’ sê jy. En vra ander om perspektief te kry. Tsk!

Simon ·

Piet, ek stel nie diere gelyk aan mense nie, ek stel hulle bokant (die meeste) mense. As ek moet kies tussen my diere en 99.999999% van die wêreld se mense, raai vir wie kies ek???

Gemaskerde Sopbeen ·

hahahahahaaa….hoof van litigasie? Prokurower wat g’n spyt is oor wat hy gedoen het nie, net oor hy uitgevang is. Ek hoop litigasie byt jou nou bietjie waar jy dit vir ‘n slag voel…

Jakkalas ·

Wat, jammer dat jy uitgevang is. Ek vat my ou hondjies om uitgesit te word by die DBV en gee gerus donasie aan hulle vir die dienste. Hulle is toegerus om dit op die regte manier te doen.

Fooitog ·

Jakkalas maar dis gemeen van jou om jou hondjie te laat uitsit.
Tewyl honde nou dieselfde regte as mense geniet behoort jy ook strafregtelik vervolg te word.

Regtig ·

Ek sal ook eerder my hondjie laat uitsit voor ek hom sien lei???

Cherokee ·

O ja, daar is Regtig honde wat blindes lei. Wat het jy daarteen? Wat ‘n onbaatsugtige diens!

Penny ·

Mense soos hy moet nooit weer die kans gegun word om enige troeteldier aan te hou nie!

Menseregte ·

Vir almal wat nou sê mense en diere het nie dieselfde regte nie en dat mense nie so tekere moet gaan nie, want dis NET N HOND….
Wat van die persoon op wie se sypadjie die hond gegooi is soos vullis? Nou word die hond n ander persoon se probleem….
As die man dan geen gevoel het vie sy hond nie, kan hy bietjie rspek toon aan die persone van die huis voor wie hy die hond gegooi het!

Ps hierdie man is nie jammer oor wat hy gedoen het nie – hy is jammer dat hy uitgevang is….

Koos ·

Of mens van diere hou of nie, dis ‘n kriminele oortreding om ‘n karkas in die pad of op die sypaadjie te stort. Hou op met die afgesaagte “doen jy nooit iets verkeerd nie”-mantra. Ons almal maak foute maar as jy gevang word vat jou pak. Hierdie is ‘n kwessie van openbare higiëne en gesondheid en raak die hele gemeenskap. Hopelik het die DBV meer durf om die man by die naam te noem as Maroela.

André ·

Hy is jammer, want hy is uitgevang. As hy respek gehad het vir sy hond wat so lank saam met hulle was en lief was vir hom, sou hy glad nie so iets gedoen het nie.

Wiets ·

Die persoon se naam word weerhou omrede hy aan die hoof van litigasie van ń Sandtonse prokureursfirma staan. As dit Piet Publiek was wat benewens die skaamtelose optrede nog landswette ook oortree, sou die naam genoem wees. Wat het geword van joernaliste wat die waarheid sonder vrees of voorkeur oordra? Maroela media se joernalistieke reputasie is op die spel.

NeeMan ·

Kon hy nie maar eerder die hond veearts toe gevat het en hom laat veras nie? Kan my nie indink om my jare lange troeteldier soos gemors langs die pad weg te smyt nie. Sê nie veel van jou karakter nie Mnr.

Diereliefhebber ·

Klink vir my na ‘n afgewaterde verskoning! Sies vir jou, mens kan sien jy is ‘n prokureur met die manier wat jy jou patetiese verskoning skryf…….

Genoeg tog ·

Aijajai , wat is fout met julle mense ??? 90% van die kommentaar op elke nuusberig is julle besig om die mense uit mekaar Te trek en julle self Te verlekker !! Dis hoekom Huminkind die virus genoem word van die aarde ,.. Alle ander lewendige organismes en diere kom goed oor die weg , maar ons as mense verlekker ons in ander Sw downfall, dis belaglik,… ek kry skaam.. ek kan net imagine hoe ons Creator moeT voel om af Te kyk na hierdie sirkus wat ons in uitgedraai het… in Plaas van mense sleg se en ordeel , hoekom was ons nie mekaar Se voete en kyk waar ons mekaar kan bystaan nie.. Oordeel mag ons NIE doen nie..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.