Man jok glo oor diefstal van vuurwapens

Argieffoto

ʼn 22-jarige man het Donderdag in die Witrivier-landdroshof in Mpumalanga verskyn op aanklag van meineed.

Die man is in hegtenis geneem nadat hy op 26 November 2018 ʼn vals saak by die Witrivier-polisiestasie aangemeld en aangevoer het ses vuurwapens is uit sy huis gesteel.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê die man het in sy beëdigde verklaring aangevoer drie mans het hom Maandagoggend vroeg in sy huis oorval en een het hom met ʼn mes gedreig. Hulle wou weet waar die kluis is en toe die vuurwapens gesteel voor hulle van die toneel gevlug het.

“Die polisie het dadelik ʼn saak van huisroof ondersoek. Die ondersoek het dit egter vinnig aan die lig gebring dat daar geen huisroof was nie. Die verdagte het die vuurwapens self weggesteek,” het Sedibe verduidelik. “Polisiebeamptes het agt vuurwapens gevind – vier is in ʼn nabygeleë bos versteek en vier ander, wat hy in ʼn dam gegooi het, is deur die duikspan uitgehaal.”

Die man is daarna in hegtenis geneem op aanklag van meineed. Die motief vir sy optrede is nog nie bekend nie.

“Die man bly in aanhouding hangende sy aansoek om borgtog op 5 Desember 2018.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willie ·

Nou hoekom sal hy dit wil doen… die SAPD was goed, wens hulle kan plaas moordenaars so vining vang…

Judge Dredd ·

Die 4 vuurwapens wat hy in die dam gegooi het is moontlik vir ander misdade gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.