Man kap vriendin glo met byl dood

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 25-jarige man sal Woensdag in die Zeerust-landdroshof in Noordwes verskyn nadat hy glo sy vriendin met ʼn byl doodgekap het.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die Zimbabwiese man is Maandag vir die beweerde moord vasgetrek.

“Die polisie is na die moordtoneel ontbied en het met hul aankoms die vrou gevind waar sy op die grond gelê het met veelvuldige kapwonde aan haar liggaam,” het Mokgwabone gesê. “ʼn Voorlopige ondersoek het aangedui die vrou en die verdagte het ʼn rusie gehad en dat die verdagte die byl gebruik het om haar mee dood te kap. Noodpersoneel is na die toneel ontbied en hulle het die vrou dood verklaar.”

Die man is op die toneel in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Grap ·

Skerp sekuriteit op by die grense gebruik die weermag en keer die onwettige immigrante , dokumenteer die wettige immigrante ek is seker die misdaad statistieke gepleeg deur immigrante van Afrika moet skrikwekkend wees.

KarooKlong ·

Doen solank aansoek vir jou lisensie om ‘n byl te besit. Ek sien hier kom ‘n ding.

Stev ·

Ek stem saam. Kan die GFSA se mev Kirsten vir ons asb inlig watse stappe hulle beplan om “moord met ‘n Byl” te stop.

Ek los die volgende gedagte met alle Maroela lesers :

Col. Jeff Cooper (on the subject of handguns)
“Killing is a matter of will, not weapons. You can’t control the act itself by passing laws about means employed.”

Tonginniekies ·

Jy sal slegs een vir jag mag hou en slegs een vir selfverdediging. ;-)

Lance ·

Hy gaan wegkom oor n grens …die SA grense se drade bestaan nie eers meer nie …mens loop gelate met n vol tas oor die grens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.