Man keer nie terug ná hy swem in dam

Foto: ER24.

ʼn Man in sy dertigs het die afgelope naweek in die Chelmsforddam in Newcastle in die noorde van KwaZulu-Natal verdrink.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die man het Saterdagmiddag vermis geraak en die polisie en paramedici is na die toneel ontbied.

“Die soektog is Sondagoggend voortgesit en die man se liggaam is kort daarna gevind,” het Van Huyssteen gesê.

Volgens Van Huyssteen was daar niks wat paramedici vir die man kon doen nie. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die man en sy vriende was glo saam by die dam toe hy besluit het om te gaan swem.

Die man het nooit teruggekeer nie en is toe as vermis aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Afrikaanse Knaap ·

Dis hartseer. Sterkte aan sy familie en vriende.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.