Man, kind brand dood in motor

Die motor waarin die liggame gevind is. Foto: Twitter

Die motor waarin die liggame gevind is. Foto: Twitter

ʼn Man en ʼn kind het Woensdagmiddag doodgebrand in ʼn motor in Azaadville buite Randfontein aan die Wes-Rand.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê lede van die publiek het glo die brandende motor langs die pad gesien en die brand geblus. Die liggame van ʼn man, glo 35 jaar oud, en ʼn kind, vermoedelik tussen nege en 15 jaar oud, is in die motor gevind.

Volgens Bodasing is hulle op die toneel dood verklaar. Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek. Die polisie kon nie onmiddellik enige besonderhede oor die voorval verskaf nie. Volgens verskeie mediaberigte het die man vermoedelik self die motor aan die brand gesteek.

Foto: Twitter

Foto: Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.