’n Man en ’n jong kind is Woensdagaand dood toe hul motor teen ’n muur in Wetton, Kaapstad, gebots en toe omgeslaan het.
Twee ander mense, van wie een óók ’n jong kind, is tydens die botsing by die Wetton- en Rosmead-oorgang beseer.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê die motorwrak is omstreeks 19:25 met paramedici se aankoms op die toneel op die middelman van die pad aangetref.
’n Volwasse man was agter in die motorwrak vasgekeer, terwyl ’n tweede man en twee jong seuns, vermoedelik agt en nege jaar oud, buite die wrak aangetref is.
Een van die seuns het kritieke beserings tydens die botsing opgedoen, terwyl die ander in ’n ernstige toestand was. Die tweede man het matige beserings opgedoen.
Die man in die motor het in daardie stadium reeds aan sy beserings beswyk.
Paramedici het dadelik die beseerdes op die toneel behandel. Die kritiek beseerde seun is ondanks al hul pogings eindelik op die toneel dood.
Die twee oorlewende pasiënte is na nabygeleë hospitale geneem.
Die polisie was op die toneel om die oorsaak van die ongeluk te ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
????
Lyk baie na koeel gate in die bestuurder se deur, bende verwant? Medelye met die families.
Die storie maak nie sin nie. Wie was die bestuurder?
Waar is die muur?