Man, kind val drie verdiepings

Die toneel in Arbourweg, Amanzimtoti. (Foto: Verskaf)

Die KwaZulu-Natalse nooddienste is Donderdag na twee onverwante voorvalle ontbied waar in die een ʼn man en in die ander ʼn kind drie verdiepings ver na die grond geval het.

Volgens Ross Campbell, woordvoerder van ER24, is ʼn tienjarige kind in ʼn kritieke toestand aangetref nadat hy van die derde vloer van ʼn woonstelblok in Pietermaritzstraat in Pietermaritzburg geval het.

Campbell sê paramedici is omstreeks 16:45 na die toneel ontbied waar die kind gestabiliseer is voordat hy na die Grey-hospitaal vervoer is vir verdere mediese behandeling.

Die toneel in Pietermaritzstraat, Pietermaritzburg.

In die ander voorval het ʼn 25-jarige man vroeër die dag wonderbaarlik lig van ʼn soortgelyke val in Arbourweg, Amanzimtoti, afgekom toe hy van ʼn balkon op die derde verdieping van ʼn gebou onder konstruksie geval het.

Volgens Ross is paramedici omstreeks 13:45 na dié toneel ontbied waar ʼn konstruksiewerker op die grond aangetref is. Die man het van pyn in sy lae rug gekla, maar het verder geen ander ooglopende beserings tydens die val opgedoen nie.

Die man is op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn private hospitaal in die omgewing geneem is.

Ross sê dat die presiese omstandighede van albei voorvalle tans onduidelik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.