Lees ook: Vermiste 12-jarige: Ontvoering óók ondersoek; verdagte glo in Bloem
Die polisie van Newcastle in KwaZulu-Natal het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur nadat ʼn 12-jarige seun saam met ʼn man in wie se sorg hy was, Sondag verdwyn het toe hulle tuinvullis weggery het.
Kapt. Shooz Magudulela, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die polisie ondersoek ʼn vermistepersone-saak. Magudulela sê die man en die seun, Marchel Blandin De Chalain, is Sondag om 15:00 vir die laaste keer gesien. Missing Children het die man intussen geidentifiseer as die 23-jarige Johannes Renier de Beer.
“Die Blandin De Chalain-gesin het vir die man verblyf aangebied, aangesien hy haweloos was,” het Magudulela gesê. De Beer is Vrydag deur die gesin ingeneem. Dit is in die stadium nie bekend of hulle hom vroeër geken het nie.
Die gesin het Sondag tuinwerk gedoen, en De Beer het aangebied om die tuinvullis weg te ry. Marcel het saam met De Beer in die voertuig gespring om hom te gaan help. De Beer het die gesin se bakkie, ʼn wit enkelkajuit Ford Ranger, gebruik om die vullis mee weg te ry. Die voertuig se registrasienommer is NN44495.
Die ma het onraad vermoed toe De Beer en haar seun ná twee ure nog nie weer teruggekeer het nie. Sy het dit by die polisie aangemeld.
Marcel het blou oë, donker hare, is skraal gebou en 1.2 meter lank. Enigiemand wat inligting het oor waar De Beer en Marcel hul mag bevind, kan die ondersoekbeampte by 034 314 6193 skakel.
Aggenee. Ek hoop werklik die kind word lewend gevind.
Hoe kan mense hulle kind laat ry saam iemand wat hulle ‘skaars ken?’
Hoop en bid die kind word ongedeerd opgespoor. Wat het die ouers gedink?
En so wys dit hoekom mense van honger sal dood gaan want mens kan net niemand vetrou nie, en ek sou ook ni dat so persoon eers met my voertuig ry ni hulle het hom net blyplek gegee ek hoop van harte di kind word gevind…………………