Man, kind word vermis ná hul glo ashoop toe ry

Marchel Blandin De Chalain (12)

Marchel Blandin De Chalain (12)

Lees ookVermiste 12-jarige: Ontvoering óók ondersoek; verdagte glo in Bloem

Die polisie van Newcastle in KwaZulu-Natal het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur nadat ʼn 12-jarige seun saam met ʼn man in wie se sorg hy was, Sondag verdwyn het toe hulle tuinvullis weggery het.

Kapt. Shooz Magudulela, ʼn polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die polisie ondersoek ʼn vermistepersone-saak. Magudulela sê die man en die seun,  Marchel Blandin De Chalain, is Sondag om 15:00 vir die laaste keer gesien. Missing Children het die man intussen geidentifiseer as die 23-jarige Johannes Renier de Beer.

“Die Blandin De Chalain-gesin het vir die man verblyf aangebied, aangesien hy haweloos was,” het Magudulela gesê. De Beer is Vrydag deur die gesin ingeneem. Dit is in die stadium nie bekend of hulle hom vroeër geken het nie.

Johannes de Beer 23 yrs.

Johannes de Beer

Die gesin het Sondag tuinwerk gedoen, en De Beer het aangebied om die tuinvullis weg te ry. Marcel het saam met De Beer in die voertuig gespring om hom te gaan help. De Beer het die gesin se bakkie, ʼn wit enkelkajuit Ford Ranger, gebruik om die vullis mee weg te ry. Die voertuig se registrasienommer is NN44495.

Die ma het onraad vermoed toe De Beer en haar seun ná twee ure nog nie weer teruggekeer het nie. Sy het dit by die polisie aangemeld.

Marcel het blou oë, donker hare, is skraal gebou en 1.2 meter lank. Enigiemand wat inligting het oor waar De Beer en Marcel hul mag bevind, kan die ondersoekbeampte by 034 314 6193 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AmY ·

Aggenee. Ek hoop werklik die kind word lewend gevind.

Hoe kan mense hulle kind laat ry saam iemand wat hulle ‘skaars ken?’

Belinda ·

En so wys dit hoekom mense van honger sal dood gaan want mens kan net niemand vetrou nie, en ek sou ook ni dat so persoon eers met my voertuig ry ni hulle het hom net blyplek gegee ek hoop van harte di kind word gevind…………………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.