Man, kleuter sterf in Heidelberg-botsing

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man en ʼn kleuter is dood nadat twee voertuie mekaar Sondagaand op die N3-snelweg naby Heidelberg in Gauteng reg van voor getref het.

Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 22:00 plaasgevind. “ʼn 27-jarige man en ʼn dogtertjie, vermoedelik tussen een en twee jaar oud, is op die toneel dood verklaar,” het Steinmann gesê. “Nog twee mense het kritieke beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.