Man kloon glo kaarte by tolhek

Die Leandra-tolplaza. Foto: Skermskoot/Google Maps

Die Leandra-tolplaza. Foto: Skermskoot/Google Maps

Die Valke het ʼn man in hegtenis geneem wat glo die bankkaarte van padgebruikers by ʼn tolhek in Mpumalanga gekloon het.

Lt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, het gesê die 23-jarige man is Dinsdag omstreeks 11:00 by die Leandra-tolplaza op die N17 in hegtenis geneem.

“Die verdagte, ʼn werknemer by die tolplaza, het glo ʼn kaartleestoestel in sy besit gehad en het dit gebruik om mense wat deur die tolhek ry se bankkaarte mee te kloon,” het Sekgotodi gesê.

Die verdagte sal Donderdag in die Leslie-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Cherokee ·

Moet niè jou kredietkaart onder jou oë laat uitgaan nie! Dit moet àltyd binne sig wees.

Joe V ·

Die is garage kaarte, lank reeds terug op kontant, te maklik em met kaarte besteel te word.

Cherokee ·

O, is dit wat by tolhekke gebruik word; petrolkaarte. Soos jy sê, kontant is die veiligste.

Johan 2 ·

Ek reis baie…het al twee keer met my by n tolhek gebeur. Gelukkig dadelik die onwettige transaksies gesien op sms en bank kon altwee stop voor geld oorbetaal was.. mens kan ongelukkig nie alltyd die kaart masjien uit die voertuig sien nie.

E ·

Het sopas wakker geskrik! Altyd gedink sms notification is mors van geld omdat ek so gereeld my balans check en weet presies wat afgaan. Sal môre dit aktiveer. Soos die engelsman sê: “Rather safe ….”

Bruno Stef ·

Ek merk op in Australie dat mense net hulle kaart teen die skerm van n Scanner druk en die transaksie is via die stelsel elektronies gedoen.Die Scanner is kompak en kan met die hand vir jou aangegee word so maw die kaart verlaat nooit jou hand nie.

TREVOR ·

Mense wees op hoede as jou kaart wys WIFI prent . maak foelie soos sakkie waarmee kaart inpas en beursie bere. skelm tracking jou kaarte en maak leeg.

Cherokee ·

Ek weet nie waarom Trevor so deurmekaar praat en dit nie liewer duidelik sê nie maar dit is verstaanbaar wat hy verduidelik. Ek lei af (volgens hom) dat ‘n kaartleser nie deur foelie kan lees nie. Het ‘n youtube-video gesien wat wys hoe kaartbesonderhede met ‘n kaartleser uit handsakke gesteel word. Iemand wat in ‘n winkelsentrum bloot by vrouens verbystap en ‘n kaartleser teen handsakke druk. Ek hou van wat Trevor probeer verduidelik. Sit dus net jou kaart(e) in ‘n velletjie foelie.

Jacomien ·

Track-Diamond hill Toll plaza doen nie elke dag bankings nie. Dit beteken dit registreer eers as hulle die “batch” bank. Die werkers by die Plaza weet dit -dit is n maklike manier om dubbel transaksies /kloning te doen . Die toll plaza trek net skouers op na my navraag. Hulle maak mos hulle miljoene

Riaan ·

Ek was self 2 keer die slagoffer by die Gosfoth tolhek, 1ste keer R4500 en 2de keer R12500, gerage kaart gebruik be spareshop in Soweto.

Cherokee ·

Spareshop beteken (dalk) hy het probleme gehad met sy kar, Riaan. Have a heart!

Maryke ·

Presiesmet my gebeur in maart 32 000 ook gosforth en ook by n spareshop in soweto. Petrol gegooi by doornfontein petrol stasie.

Pieter ·

So in die geval is die paar rand wat jy vir die e-tag betaal die veiliger opsie

Gerry ·

Ek gebruik die Leandra plaza daagliks en my kaart was 2keer gekloon . ek het oor geskakel kontant toe vir die tol hekke.gelukkig het die smsse my elke keer gewaarsku en ek het geen skade gelei nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.