ʼn Man van Mthatha in die Oos-Kaap is koelbloedig doodgeskiet toe hy vermoedelik van sy aanvallers probeer vlug het.
Kapt. Dineo Koena, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes is Saterdag omstreeks 00:30 na ʼn huis in Southernwood ontbied. Volgens Koena is die 65-jarige man se liggaam buite die huis aangetref met ʼn koeëlwond in sy bolyf.
Koena het gesê ʼn 9 mm-patroondoppie is op die toneel gevind. Die man se selfoon en beursie word vermis.
“Die man se liggaam het buite die huis gelê. Ons weet nie presies wat gebeur het nie, maar daar word vermoed dat hy dalk probeer weghardloop het toe hy geskiet is,” het sy gesê. Dit is nie duidelik of die man alleen gewoon het nie, maar daar was niemand anders by die huis toe hy gevind is nie.
Die man se skoonseun het aan Maroela Media gesê die familie is omstreeks 05:00 deur sy skoonpa se werkgewer van sy dood ingelig. Die oorledene het vir ʼn konstruksiemaatskappy in Mthatha gewerk. Sy dogter en haar man is tans van Limpopo na Mthatha onderweg.
Koena het gesê ʼn saak van moord word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
*Maroela Media weerhou die oorledene se naam totdat al sy naasbestaandes van sy dood ingelig is.
Wel dis seker voor die handpl as mens na sy skietwond kyk of hy i n die rug of van volr geskiet is. O ns lewe het minder werd geword as n foon.???
Sterkte vi oorledene se familie. Gaan elke dag beter met misdadigers. Mos gn wet en orde in Afrika
Mense gaan vir vuurwapenopleiding, bewapen julle self en dra dan die wapen te alle tye aan jou. Ons is baie meer as die misdadigers. Sodra ons onsself begin verdedig en terugveg sal die wat bly lewe die boodskap kry. Die polisie is net eenvoudig te min om almal te beskerm. Dit is nou elkeen vir homself.
HPV ek stem saam ons is baie meer as hulle ons moet net dag en nag paraat wees.
Jammer. Julle kan seker nie tel nie.
Realis, (of sal ek sê pessimis)
Nie almal waarna jy verwys… En ons almal weet wie dít is – is kriminele nie
Ons IS meer as die kriminele. Alle rasse word hierdeur geteister
Tans lewe ons volgens die reëls wat kriminele daarstel. Deur terug te veg kan ons die bordjies verhang. Verdedig jouself want jy mag !