Polisiebeamptes in Polokwane (Pietersburg) het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na ʼn groep verdagtes wat Bart Smith (37), ʼn inwoner van die dorp, Saterdagaand koelbloedig doodgeskiet het.
Konst. Maphure Manamela, provinsiale polisiewoordvoerder vir Limpopo, het gesê Smith en sy vriend het omstreeks 22:30 in ʼn silwer Dodge-voertuig langs die Magna Via- korporatiewe park gery toe ʼn wit Toyota-bakkie die pad voor hulle versper het. ʼn Silwer Volkswagen Golf GTi het agter hulle stilgehou.
“Smith het uit die voertuig geklim en is deur een van die verdagtes geskiet. Hy is op slag dood. Die verdagtes het daarna sonder ʼn spoor van die toneel gevlug.”
Volgens Manamela is Smith ʼn inwoner van die Thornhill-landgoed in Polokwane.
Die motief vir die moord is onbekend en word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Die polisie doen ʼn beroep op die publiek om met enige inligting na vore te kom wat hulle in hul ondersoek kan bystaan. Bel sers. Moloko Mabitsela by 073 207 5252 of Stop Misdaad by 0860 010 111.
EN misdaad word al erger, en die regering en polisie voel AL HOE MINDER!! Solank dit hulle nie raak nie, bekommer dit hulle glad nie, hulle skuif net dit belasting op, soveel belastingbetalers is al vermoor, SARS het hierdie jaar miljoene minder ge-in as ander jare .. steeds bring hulle nie die twee bymekaar uit nie. Neewat, sit die petrolprys op en belas die indiwidu net nog meer. En vir lewens voel hulle lankal niks nie.
Ek neem aan die gebied is stil daardie tyd van die aand.Wat het van sy vriend geword?Dit sal interessant wees om te weet wat die motief was.Na my mening kon dit ‘n likval gewees het.Wat dibk fie ander mense.Jammer dat hy so koelbloedig doodgeskiet is.
Hier was n onderonsie………..
Bart was n vriend van my dogter. Hoe kan iemand so gewetenloos wegkom met so iets. Mag daai mense vorendag kom en hulle lewenslank gevonnis word. Bring die doodstraf terug
Hierdie is beplan – hy is agtervolg – hy is ingewag. En ja, polisie voel al hoe minder vir mense lewens en misdaad word net erger.
DIE TYD , DIE PLEK , WAS DAAR WERKLIK N LOKVAL ??
Bart was my vriendin se broer. Dis so tragies dat hy op so jong ouderdom so wreed moes sterf . Hoop dat die skuldige vasgetrek word. Sterkte aan die familie.
Daars nie woorde vir so iets nie. Klink vir my of hy agtervolg was en vir ‘n rede dood geskiet is. Sterkte aan die familie.
Bart was my vriend. Wat gerieflikheids halwe vir die Polisie nie genoem is nie, is dat die golf blouligte op gehad het. …. heel ander prentjie
Shoe ek neem aan sy vriend wat by was het dit gese? Het hy dal nommers van die nommerplaat onthou? Dit raak rof.