Man koelbloedig tydens rooftog doodgeskiet

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Man is Maandagoggend tydens ʼn rooftog voor ʼn onderneming in Drie Riviere in Vereeniging doodgeskiet, voordat die verdagtes met sy Ford Ranger-bakkie op die vlug geslaan het.

Kapt. Fikile Funda, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die 65-jarige man het voor BKB op die hoek van Umgeni- en Limpopostraat stilgehou en uit sy voertuig geklim toe hy deur drie rowers oorval is.

“Daar was ʼn struweling en drie skote is afgevuur. Die slagoffer is twee keer in sy bolyf en een keer in sy kop gewond,” het Funda gesê. “Dit is nog nie duidelik watter vuurwapen gebruik is om die man te skiet nie. Die verdagtes het die man van sy vuurwapen en ʼn onbevestigde bedrag kontant beroof en op die vlug geslaan in sy Ford Ranger-bakkie.”

Volgens Funda is die man op die toneel dood. Maroela Media weerhou die naam van die oorledene tot al sy naasbestaandes van sy dood ingelig is.

Funda het gesê die oorledene se voertuig is nog nie opgespoor nie en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van moord en sakeroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

AL ·

Mag die Here die land red van hierdie barbaarsheid en boosheid en korrupsie!
Sterkte aan die gesin in hul driefheid.

tamboti ·

65 jaar, 3 teen 1. Baie jammer vir jou familie. Tyd vir vergelding.

Theresa B ·

Duidelik het hulle geweet wat hy by hom gehad het………………….

Antionette ·

Ja en hoekom sal niemand weet die bakkie is verlate gevind later

Marius ·

Ja jy mag nie woorde wissel in spur nie maar jy mag mense beroof en dood skiet. Vir wat bakkie kort daarna in Riversdal gevind

Mark ·

Hy was my oom. Een van die mense met die grootste harte wat ek ken. Hy was n held vir ons familie, sy gemeenskap en almal wie se lewens hy daagliks aangeraak het met sy goedheid. Hy sal altyd gemis word.

Antony ·

So sorry for your loss Mark. There are no other words….just sorry. Condolences to the family.

Rubber ·

Ons land laat my so dink aan die Israeliete toe hulle so verdruk was in Egipte. Farao het hul so verdruk, ek dink ons sit in dieselfde situasie. Ons word verdruk deur Farao, toe hulle uitroep Na ABBA, toe stuur HY vir Moses, om hulle uit te lei uit Egipte. Laat ons begin roep na HOM, om ons te verlos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.