Man kom op verloofde, kinders se lyke af

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie in Port Elizabeth ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn man wat van sy werkplek af teruggekeer het huis toe op die liggame van sy verloofde en twee kinders afgekom het.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het gesê die man se 22-jarige verloofde moes hom by die werk opgelaai het. Sy het egter nie opgedaag nie en ʼn familielid het vir hom ʼn saamrygeleentheid gegee.

Volgens Janse van Rensburg het die man in die huis probeer kom, maar daar was geen antwoord nie waarna hy ʼn venster gebreek het om toegang te kry. Die man het hierna op sy verloofde se liggaam in die sitkamer afgekom. Die kinders, ʼn vyfjarige seuntjie en ʼn ses maande oue babadogtertjie, se liggame is in ʼn kamer gevind.

Janse van Rensburg het gesê die man is op die toneel deur paramedici vir skok behandel. Die oorsaak van die vrou en kinders se dood sal met nadoodse ondersoeke bepaal word. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

SNEL ·

Dis vreeslik, wat n skok, goeiste, die arme man. Ek wonder was dit n inbraak of iemand wat hulle geken het? Ai, die ou kleintjies is nog so klein. Watse n ongevoelige mens. Hoop hulle kom agter die kap van die byl en vang hierdie persoon.

Otto ·

Hoekom die kinders en weerlose vroue. Hoop die persoon word vasgetrap.

Frans ·

Dit is feitlik ondenkbaar dat enigiemand tot so’n barbaarse vlak kan daal om ‘n vrou en twee kinders te vermoor.Geen wonder die arme man is in skok nie.

Chris H ·

Baie hartseer om te lees.
Ek wonder maar net as hy nie kon inkom nie en n venster moes breek beteken dit die huis was gesluit. So dit lyk vir my na die ma wat die kinders doodgemaak het en toe selfmoord gepleeg het.
Hoe ook al dis baie hartseer en sterkte vir die verloofde/pa

emma ·

Sjoe..mense wat nie met begrip kan lees nie.Nerens in hierdie berig word iets van MOORD gerep nie

Retha M ·

Die eerste paragraaf meld duidelik dat n moord saak ondersoek word

Yolla ·

Lees die eerste sin van die artikel…. dit se duidelik daar n saak van moord word ondersoek

Corrie ·

Iets klink nie reg nie!! As die huis gesluit was,beteken dit geen inbrekers? Het die verloofde iets daarmee te doen….of dalk die geskokte man wat van werkplek afgekom het? Mens weet nie wat het hy dalk gedoen voor hy werk toe is nie?? Ek wonder maar net!

Amanda Burger ·

My ouers is in hulle huis aangeval en my pa vermoor. Die aanvaller het hulle in die huis toegesluit en die sleutel ‘n entjie verder onder ‘n bos ingegooi. Tensy die sleutels nog steeds in die binnekant van die deure is of iewers in die huis kan mens nie aanneem dat die ma verantwoordelik was net omdat die huis gesluit was nie.

Laura ·

daar is al by my ook so ingebreuk deur ‘n klein venstertjie en as jy instap by die deur besef jy jou spaarsleutel was in die huis en hulle is agter uit en het nog heel ordentlik agter hulle toegesluit. dis so maklik om ‘n loper vir ‘n gewone houtdeur te kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.