Man kom op vrou se liggaam aan dakbalk af

Argieffoto

Argieffoto

Die Vrystaatse polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn vrou van Botshabelo, oos van Bloemfontein, wreed in haar huis vermoor en opgehang is.

Volgens konst. Peter Kareli, polisiewoordvoerder, het die 26-jarige slagoffer se 32-jarige man Sondag omstreeks 02:00 die gru-vonds gedoen.

“Die vrou se hande en voete is met elektriese kabels vasgebind en haar liggaam het aan ʼn balk in die dak gehang,” het Kareli gesê.

Die vrou se Toyota Fortuner was vermis en is later verlate naby ʼn rivier in Section N van die dorpie gevind.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en motordiefstal.

Die motief vir die moord word nog ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

EMK ·

VERSKRIKLIK! Liewe hemel waar gaan die wreedhede eindig? Hoe kan enigeen dit aan ‘n ander mens doen – voel so eend an absoluut NIKS? Ek verstaan nie sulke goed nie. Ek hoop hul vang die skuldige/s gou!

Theresa B ·

Ek stem EMK. Dis nie mense wat sulke dinge doen nie. En dis verskriklik. Elke liewe dag is daar sulke vreeslike berigte in die koerant. Die mense het almal mal geword. Ek weet ook nie waar gaan alles eindig nie. Dit word net erger.

Marie ·

Lucifer sluip rond op vrye voet. Hoe kan ‘n regdenkende mens ‘n ander leed aandoen?

Lise ·

Ondervra bietjie haar man wat op die gruvonds afgekom het. Hy kom 02:00 op ‘n Sondagoggend by die huis?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.