Man kort ná familie-braai doodgeskiet

Manie Steyn. Foto: Drift Reaction via Facebook

Manie Steyn. Foto: Drift Reaction via Facebook

ʼn Man se bebloede liggaam is Sondag deur familielede in sy slaapkamer in ʼn huis in Elandsdrift naby Muldersdrift aan die Wes-Rand aangetref.

Sers. Linkie Lefakane, woordvoerder van die polisie, het gesê die man, in sy 50’s, is omstreeks 01:00 die oggend doodgeskiet, maar sy dogter het eers omstreeks 12:00 op haar pa se liggaam afgekom. Lefakane het gesê die man het koeëlwonde in sy maag en been gehad.

“Daar was geen tekens van gedwonge toegang tot die huis nie. ʼn Saak van huisbraak en moord word ondersoek,” het Lefakane gesê.

ʼn Plaaslike veiligheidsmaatskappy, Drift Reaction, het die man as Manie Steyn geïdentifiseer. Volgens Drift Reaction het familie van Steyn Saterdagaand by hom gebraai en gekuier. Hulle het hom Sondagoggend gebel om te hoor of hulle kan kom help om skoon te maak en het bekommerd geraak toe hy nie sy selfoon antwoord nie.

“Toe die familie by sy huis aankom het hulle die voordeur wawyd oop gevind en bloedstrepe gesien wat van die deur in die huis ingelei het,” het Drift Reaction op hul Facebook-blad gedeel. Die maatskappy beweer Steyn se liggaam is met drie koeëlwonde in sy bors in die slaapkamer gevind.

“Dit is nie duidelik hoe die verdagtes toegang tot die huis gekry het nie. Dit kan wees dat Manie buitentoe gegaan het om vir sy hond ʼn been te gee, omdat ʼn been naby die bloedspoor gevind is. Dit is duidelik dat hulle hom by die deur geskiet het en hy het daarin geslaag om in sy slaapkamer te kom, die deur te sluit en sy vuurwapen te kry. Die slaapkamerdeur is deur die verdagtes oopgeskop. Dit is nie duidelik wat presies in die slaapkamer gebeur het nie, maar sy liggaam is langs sy oop kluis gekry en sy vuurwapen word vermis.”

Volgens Drift Reaction word daar uit die voetspore in die bloed afgelei dat daar drie verdagtes betrokke was. Verskeie waardevolle items is uit die huis gesteel.

Lefakane het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting om die Muldersdrift-polisiestasie by 011 952 4600 of Crime Line by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Kobus ·

Tragies. Rus sag Oom Manie. Goei man met n sagte hart. Hoeveel nog???

Ekwilibrium ·

Die Oorlog van die Vlooi is nou weer in ‘n intensiewe fase (dit wipplank ononderbroke vir al meer as 25 jaar). Mag die gety vir altyd draai…

Hennie ·

Genade nee! Wat te erg is is te erg dit raak tyd dat ons optree.

vierkleur ·

dit ly kvir my dis n grooter oortreding om iets slegs op facebook te se, as om dade soos hierdie te pleeg.
Dit kry beslis meer aandag in die nuus ook.

Gatiep ·

Ek is jammer om te se , maar ons grootste vyande is onder ons eie mense. En ons sal daar eerste moet skoonmaak voor ons die massas kan takel..

Hennie ·

Dis die fout wat ons almal maak, ek gaan nou myne uit die kluis haal en aan my lyf dra!

wilma ·

HOEKOM O HOEKOM, SLUIT JULLE UURWAPENS IN ‘N KLUIS TOE? Hoekom dink julle is dit ‘n VEREISTE en word die bestaan van ‘n kluis om jou vuurwapen in te sit, ge-inspekteer en afgedwing?
DIT IS DIE EERSTE PLEK WAAR BOOSWIGTE GAAN SOEK DAARVOOR! Dra dit aan jou en/of steek dit elke dag op ‘n ander plek in jou huis weg!

Buitestander ·

Hoe verstaan ek nou? Voordeur het oopgestaan en slaapkamer is oop geskop. Is dit nie geweld nie.
Sterkte aan al die naasbestaandes.
Dat dit nou net voor die fees seisoen moet plaasvind.

Renèe ·

Nog een.?…. 3 tot 4 witmense per dag….nee wat hulle vorder, as hulle so aangaan is hulle binnekort van die witmense ontslae. ???

Ulindi ·

Hoop hulle kry honderdvoudig terug wat hulle uitgedeel het!! Grootste gemors wat laer is as n wurm!!

Ulindie ·

Ek wil mense SMEEK om hulle wapens ALTYD by hulle te hou! Oorgehaal en reg vir skiet!!!

moeks ·

Met elke man wat vermoor word, is dit weelose vroue en kinders wat agterbly. Sterkte aan sy familie. So onnodig en tragies.

Etienne ·

Nou weet ons hoekom die Kommando stelsel afgeskaf is – geen politieke wil om die plaasmoorde hok te slaan nie….

Jonathan ·

In memory to all my slain friends that fell to crime murder and robbery your faces your laugh your halo is sadly no more but not forgotten You paid the worst price/ sentence given by criminal law How many more lives will be lost in Muldersdrift GP ? and in other rural communities ? ” Dear Lord give me the wisdom the strength and the belief to overcome the grief and the pain……” Manie Steyn your murder was senseless a act of greed….”

Hennie ·

Ek is n pensioenaris maar n goeie skut. Ek is bereid om vir n maand by enige boer wat beskerming nodig het, snags te kom wagstaan sonder vergoeding. Ek kan deur die dag wanneer die boer werk rus en snags wanneer hy na n harde dag se werk rus sal ek wagstaan. Ek glo daar is nog baie wat bereid is om dit te doen? Iets moet ons doen om hierdie mense te beskerm!

Lisa ·

Oom Hennie, wat n uitsonderlike idee!!! Ek haal my hoed vir oom af!!

Ek is in!! ·

Oom Hennie…Oom is n yster!!! En as ons een vir een die optredes behartig, sal daar defenitief n verskil in die samelewing wees!!

Frank ·

Simpatie, en so suip die volgende jaar se slagoffers Plet leeg en hulle ouers staan en kyk.Draai terug na God, watse god!!!!!!dien die volk. Verseker nie die een wat die Gelofte dag se geskiedenis herdenk nie.

Koos koekemoer ·

RIP Oom.
Nou kom ek met vrae….
1. SAPS beweer is 3 keer in die “maag” geskiet en in die “been”. DRIFT beweer 3 keer in die bors geskiet! So waar is dit nou eintlik? Bors of maag?
2. SAPS beweer geen forced entry. DRIFT beweer kamer deur is forced entry. So wie lieg nou?
3. Hoe kan hulle vas stel uit bloed spore dat daar 3 verdagtes betroke was? Daar kon meer wees wat nie in bloed getrap het nie of 1 stel spore kon die oorledene self se spore wees. Verduidelik asb hulle persepsie?
My laaste punt is maar net blote toeval uit wat ek elke keer lees in die media. Snaaks dat Drift altyd op gru tonele afkom en nie 1 van die ander 3 of 4 maatskapye (ek staan onder korreksie) in die area beleef dit nie. Maak my net wonder…..

Manie jnr ·

My Pa.

Dit is nog onseker oor wat presies die ogened van 4 Desember gebeur het maar wat ek wel kan se is dat die berigte nie korek is nie…

My Pa is in sy linker arm been en maag gewond. Daar is gerigte van n bors wond ook maar die naedoodse ondersoek is nog nie af gehandel nie.Nog voor dat hy kon kans kry om die deur te sluit net toe ons vertrek het..

Wreed vermoor baie bloed ongeantwoorde vra.

Ek sy Seun het 12 uur sondag middag op hom af gekom..

Dis wreed onnodig vir die klein goed wat wel gesteel is..

jaco ·

Hierbo word die voosgeslaande ja-stemmers van er jaar gelede al weer beskuldig. Die nee-stemmers is egter ook skuldig. Die volkstaat-idee is deur bitter min mense gesteun. Die Konserwatiewe Party wat die nee-stem gepropageer het, het altyd gesê “n volkstaat sal nie werk nie”. 1 miljoen regse wit mense sou heel moontlik nog die wit NP-regering van n volkstaat kon oortuig. Maar dis mos lekker om in Waterkloof te bly en op n plaas in verre Noord-Transvaal…

Dan ·

Jaco, jy praat die grootste nonsens. Waaraan is die nee-stemmers skuldig? Omrede hul nie ‘n volkstaat wil ondersteun nie? Die volkstaat idee is nog soos altyd van die begin af doodgebore. Dink jy werklik die ANC sal toelaat dat die blankes ‘n volkstaat bekom? O maar wag, ja-stemmers soos jy het in ieder geval nooit die idee van ‘n volkstaat ondersteun nie. Nou dat julle sien wat se fiasko hier aan die gang is wil julle jul deuntjie verander. En jy glo ook Hofmeyr is geskik om die President te word, en dat die tandmuis vir jou gaan geld bring, of hoe sê ek?

Sputnik ·

Hennie, rapporteer asb. gereeld op Maroela Media hoe dié aanbod en projek van jou vorder. Sonder vergoeding? Waar is die vangplek? In die ou Rhodesië is “huursoldate” ook só aangewend op plase. Dit het tydelik gehelp. Dié mense wat vir “Pienk Frikkie” so erg blameer: Hoe wou julle dit anders gehad het en wat sou die uiteinde gewees het? Al daaraan gedink? Nee? Ek’t so gedink!

Hennie ·

Ai Sputnik. Jou kommentaar spruit maar uit onkunde vir wat eintlik aan die gang is. Was dit dan of nou, wat is die verskil? Ons het ten minste destyds ń weermag en polisiediens gehad. Wat is joú oplossing vir ons probleme? Of is jy ook een van diegene wat nog steeds glo dit is nog nie so erg nie.

Danie ·

Ons witmense sal moet `n spesiale biddag met baie pers blootstelling moet hou vir al die slagoffers en naasbestaandes van die moorde wat so teen ons gepleeg word. Moorde en die gepaardgaande geweld wat teen blankes gepleeg word is `n verskynsel wat deur die geskiedenis bewys is. Hierdie statistieke word deesdae onder politieke dwang gehou en mag nie bekend gemaak word nie. Iemand moet hiervan statistiek hou sodat ons dit ook aan die wereld, wat in die apartheids dae so vyhandig teenoor ons was, kan wys. Is Malema al aangekla, want dit is duidelik dat sy dreigemente teenoor witmense nou uitgevoer word.

Annatjie Z ·

Danie dankie vir jou voorstel oor ‘n spesiale biddag. Ons as kinders van God moet elke dag en elke oomblik God se teenwoordigheid soek nie net op spesiale dae nie. En God het nie die media nodig om te help nie Hy vra alleenlik vir ons om getrou saam met Hom te wandel in alles wat ons mag doen se en dink. Kom ons stem eerder saam om daagliks in ons lewe God aan te roep en op Hom te vertrou. Die probleem is ons het weg gedraai van God maar Hy is Getrou en Regverdig en sal ons nie begewe of verlaat nie maar dan moet ons getrou wees aan Hom.

yolandi ·

dis geen misdaad om te moor nie maar n groot misdaad om iemand in n kis te sit? is ek bietjie dom of wat?

Piet ·

Jonathan, I dont think that the main fokus of this attack was greed. When a murder occurs it draws unwanted attention to the criminal. A criminal whose main aim is to rob will not kill in order to avoid attention. In this case the person was clearly completely over powered and the safe was already opened. As far as I can see, no violence was required in this senseless act. This is rather another example of genocide on a small white minority.

Denise ·

Ek het nie woorde nie dit raak nou net TE ERG !!!! Sterkte aan die familie!!!!

Hannelie ·

En so word die haat aangewakker. Hulle haat ons so om ons blankes uit te roei, en rassistiese aanmerkings te maak, en hulle kom niks oor. Maar laat iemand in ‘n doodskis gesit word dan het jy die EFF, ANC en almal op jou. Ek dink ons land is seker die swakste, wettelose land, want ons presidensie weet nie hoe om wat besig is om te gebeur, te hanteer nie. Hulle bou huise en leef “royal” terwyl die land uitmekaar val. Al wat ons kan doen, is bid, want dit kan hulle nie wegvat van ons nie. Rus in Vrede jy het nie verdien om so wreed te sterf nie.

jaco ·

n Biddag gaan nie help nie en n burgeroorlog nog minder. Vra eerder die ANC om die volgende te doen:
1. Vat wit mense se stemreg weg.
2. Gee wit mense die reg tot net sekere soorte werk. Nasionaliseer groot besighede met n te wit topstruktuur.
3. Verklaar rassisme in die grondwet tot n misdaad waaraan net wit mense hulle skuldig kan maak en skryf sommer die strawwe daarvoor ook in die grondwet.
4. En ultimately, vra die ANC om ons finaal vir apartheid terug te kry deur ons gedwonge na n wit tuisland te verskuif. Dan is die wit rassistiese gif weg uit meeste van SA. Dit sal eers moeilik gaan, maar dit sal later regkom. En ons sal veiliger wees as nou.
Die goed kan werk. Die Israeli’s doen dit al 20 jaar lank met die Palestyne. Spanje doen dit met die Baske. Die ANC moet net wakker word.

lokasievark ·

Liewe genade dit word by die dag moeiliker om met n gemaklike gedagte te gaan slaap want jy weet nooit wat deur die nag op jou afsluip nie. Sterkte familie hy is verlos en hoef nooit meer te wonder wie om om hom te vertrou nie. Geduld se put loop leeg…..

Marinda ·

Ek dink die tyd het aangebreek dat die blankes weer hulle eie komando’s soos vroeër jare op die been bring. As ons nie na ons self begin kyk nie, sal niemand anders dit doen nie,
Ons het alle rede in die wêreld om op te staan vir onsself.

spooksie ·

my innige en opregte meegevoel aan die naasbestaandes. my gebed is dat ons Vader u sal vertroos en vashou in die dae en dae wat mag kom.
dan wil ek ook maar net n 5c opinie lewer,,,uit die kommentaar wat hier gelewer word kan ek maar net se,,,ons as afrikaners kan nie eens op sosiale media sonder “bekgevegte” saamstaan nie, hoe verwag julle moet ons saamstaan om hierdie tipe van dade te voorkom??
#wondermaarnet

Izak ·

Baie eienaardig dat by GEEN MOORDE OP WITMENSE OPENBARE VERKLARINGS GEMAAK WORD DEUR AMPTELIKE INSTANSIES OF DIE REGERING WAARIN DIE GRUSAME MISDRYWE VEROORDEEL WORD OF A ERNSTIG GEKLASSIFISEER WORD NIE. DIS ONAANVAARBAAR.

DIE REGERING MOET KENNIS NEEM DAT DAAR NOUKEURIG REKORD GEHOU WORD VAN ELKE VOORVAL WAAR SWART MENSE DIE SLAGOFFERS IS, WAAR DAAR.MET SIMPATIE EN ERNS GEKOMMUNIKEER WORD DEUR HOË PROFIEL AMPTENARE.

EEN OF ANDER TYD SAL DIE STAAT VERANTWOORDING MOET DOEN VOOR HULLE SWYE.

#boerelegioen

100% BOER ·

Hoekom is dit dat wanneer n moord gepleeg word iets altyd uit die huis vermis word en die ondersoek wat daaruit spruit genoem word huisbraak en diefstal. Vergeet die tv en die laptop en die duisend rand. Wat van die moord?????? Mense se lewens word gesteel en almal worry oor die tv!!!!! Dis moord plein en plat!!!!! MOORD!!!!!!!!!!

Hilda ·

Asseblief mense iets drasties moet nou gedoen word. Die Media insluitende TV moet hierdie moorde aan almal bekend maak. Die Regering moet nou wakkerskrik en Zuma, Malema et al wat die dade aanhits moet vasgevat word. Die aaklike FB poste deur swartes wat die moorde ook besing word nooit aangekla nie maar simpele boodskappe soos Houtbaai Vanessa Hartley word by Mense Regte verkla. Asseblief, groot asseblief, iemand moet nou iets doen en die hef in die hand neem. Liewe Here help ons! ?

Nicolene van der Westhuizen-Smith ·

Here sal U nie asb. ons nasie help om hierdie duiwelse dade tot ‘n einde te bring….Baie sterkte aan al die geliefdes van hierdie man…Mag god ons help…?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.