Man krap in asblik, vind babaseuntjie

Argieffoto Foto: HeikeIr, Pixabay

’n Pasgebore babaseuntjie is dood in ’n asblik buite ’n kompleks in Honeyguideweg in Douglasdale, Fourways, aangetref.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het omstreeks 10:10  Maandagoggend op die babaseuntjie afgekom toe veiligheidswagte van die kompleks paramedici gekontak het.

“Die baba is in ’n lap en ’n plastieksak toegedraai. Niks kon vir die baba gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het Meiring verduidelik.

Die baba is glo gevind deur ʼn man wat in die asblikke gegrawe het.

Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anel ·

Elke dag word daar nou babas gevind wat weg gegooi word. kan die klinieke asseblief vir verwagtevroue verduidelik dat hulle die baba kan opgee vir aanneming. Kan die staat werk maak om werkloses en jong meisies viorbehoeding te gee!!! Wat gaan aan in die land? Dit is moord en daai ma moet lewenslank op gesluit word. maar met ons sisteem sal sy moontlik vry wees om dit weer te doen. Dit is skokend dat dit ons elke dagse nuus is. Waar is ANC Womans League in al die gevalle? wat doen hulle om dit te verhoed?skokkend!

Landi ·

Anel dis vrae wat ek ook elke dag vra. Die s.g. wonderlike ANC womens league is altyd net daar wanneer daar kameras en media is maar wanneer dit regtig saakmaak, skitter hulle in hulle afwesigheid. Ons regstelsel is so pateties dat AS hulle die sleg ma vang, sy tien teen een gaan wegkom daarmee. Oor aannemings wil ek my nie eers uitlaat nie, ek was lank betrokke by kinderwelsyn en nie maklik weer nie. Sleg ouers word oor en oor en oor die kans op rehabilitasie gegee en daardie kinders wat aangeneem kan word deur goeie ouers, word die kans ontneem omdat die sisteem die biologiese ouers ondersteun.

Marga ·

ek kan nie meer hierdie goed lees nie…dis onwerklik … rerig…hoe is dit moontlik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.