Man kritiek, 2 beseer ná motors teen grensmuur bots

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man is Sondagaand kritiek beseer en nog twee mense het matige beserings opgedoen in ʼn ongeluk op die N1 tussen die William Nicol- en Rivonia-afritte in Johannesburg.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê twee motors was in die ongeluk betrokke. Die bestuurder van een van die motors het glo beheer verloor waarna die motor die pad verlaat het en eers teen ʼn boom en toe teen ʼn grensmuur gebots het.

Volgens Bodasing is die bestuurder van die motor kritiek beseer en moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word.

ʼn Tweede motor het intussen ook teen dieselfde grensmuur gebots. Die bestuurder en passasier het matige beserings opgedoen. Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere mediese sorg.

Dit is in dié stadium nog nie duidelik of die motors teen mekaar en toe teen die grensmuur gebots het en of die ongelukke afsonderlik maar kort ná mekaar plaasgevind het nie. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

elize ·

As familie van die jongman wat baie ernstig beseer is, dink ek nie die opmerkings bo is baie snaaks nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Elize

Ek vra om verskoning vir die komentaar wat ongesiens verbygegaan het.
Ons het dit intussen verwyder.

Groetnis
Suné

Peet Schabort ·

Dat die twee motors wrakke is is nie te betwyfel. Dat albei die pad verlaat het op dieselfde plek is raaiselagtig veral in aggenome dat hul in dieselfde rigting beweeg het.
Weereens is daar gewoonweg op ‘n snelweg genoeg plek vir voertuie om veilig te kan ry MITS . . . en dit is hier waar Maroela Media ‘n opvolg kan doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.