Man kritiek beseer in fratsongeluk op R21

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man het Donderdagoggend kritieke beserings opgedoen nadat hy ʼn epileptiese aanval gekry het en toe deur ʼn vragmotor omgery is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het op die R21 naby Olifantsfontein, oos van Johannesburg, gebeur.

Met paramedici se aankoms op die toneel het die man langs sy voertuig gelê met ernstige beserings aan sy kop en bors. “Hy was in ʼn kritieke toestand en gevorderde behandeling moes toegepas word om hom te stabiliseer,” het Meiring gesê.

Die man het verduidelik dat hy ʼn epileptiese aanval gekry en sy motor tot stilstand gebring het. Hy het uit die motor geklim en is deur die vragmotor getref.

ʼn Helikopter het die man na die hospitaal vervoer. Die vragmotorbestuurder is nie tydens die voorval beseer nie.

Die polisie is na die toneel ontbied om die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Ja, daardie Modderfonteinpad word as ‘n renbaan gebruik. Groot vragmotors jag tot oor die 100 km per uur op daardie pad!! Ek was ook 3 weke gelede amper deur ‘n vragmotor van die Modderfonteinpad afgedruk. Toe ek indraai by Edenvale, sien ek 2 Ekurhuleni Metropolisiebeamptes by ‘n spoedlokval. Ek stop en sê: Ek is so bly ek kry julle hier! Ek wil net iets aanmeld. Die een offisier, D D Britz, haak af en sê vir my: Ons praat nie met jou nie!! Toe ek hom vra wat aangaan is sy ekskuus: Jy het ons nie gegroet nie!! Wat ‘n grap! Die Vrydag daarna ry ek met Stoneridgeweg na Modderfonteinweg en ‘n vrou wat vanaf die teenoorgestelde kant af kom en Greenstone toe wou draai wag nie vir my motor om verby te ry nie en sy draai reg in my in. My motor het in die rondte getol!! Prys die HERE ek het nie seer gekry nie, maar my motor is afgeskryf!!! Dis als op Stoneridge Winkelsentrum se kamerastelsel!!! En net 3 dae tevore wou ek die metropolisie se hulp vra maar is dit GEWEIER WANT EK HET HULLE NIE GEGROET NIE!!! SKOKKEND!!! Soos ek vir offisier D D Britz gesê het: Dit lyk net of hulle daar is om geld te maak, want hulle stel nie belang daarin as jy ‘n verkeersprobleem probeer aanmeld nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.