ʼn Bejaarde man is Dinsdagoggend tussen sy motor en ʼn muur in Umhlanga, KwaZulu-Natal vasgekeer.
“Die man het glo uit die motor geklim om ondersoek in te stel oor ʼn klein hondjie wat agter die motor aangehardloop het,” het Chris Botha, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die motor het egter agteruit gerol en hy is tussen die motor en die muur vasgekeer.”
Die man het kritieke beserings opgedoen en was in erge pyn toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Hy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn plaaslike hospitaal geneem.”
Nou hoe rol n kar agteruit
Hy het nie sy handrem opgetrek voordat hy uitgeklim het nie.
Gert die woord rol het 2 betekenisse. Rol soos wanneer ‘n kar in ‘n ongeluk is en rol soos wanneer die wiele agter toe beweeg( of dan agtertoe rol)
Hi GERT ‘n motor kan baie maklik agteruit of vorentoe ROL as die bestuurder
nie in die voertuig is nie …. nog nooit daarvan gehoor ??
Het jy ‘n lisensie? EERSTE REëL!!! HANDREM OP! Tsk.
Dit is ‘n bewys dat ons mense nie veiligheids bewus is nie. Ons is baie bang maar nie parraat nie. Gebeurtenis moet eers gebeur voor versigtigiheid in skop.
Ek doen ‘n beroep op eider en elk om parraat te wees. (Nie bang).
Ek is bewus parraatheid neem af as niks gebeur nie. Dink gedurig aan veiligheid praat met ander daaroor. So geskerp jy jou en ander mense op oor veiligheid vir enige gebeurlikheid.
Vra vir mekaar wat sal jy doen in ‘n bepaalde situasie.
Hokaai DPJ ons het hier te doen met n oom wat in sy haas om te kyk of die klein hondjie seergekry het, vergeet om die handrem vas te trek. Nie met n gewapende aanval waar die oom met oop deure, ongewapen op die stoep gesit het nie. Ek dink regtig hierdie was n fratsongeluk en nie nalatigheid per se nie. ‘You are adding insult to injury’
Oom- ek hoop jy word gou gesond en wees versigtig.
Thea Gerber, ja die oom was “BAIE BANG” nou moet alle veiligheid op sy geskyf word want hy was ,”BANG”. Maak nie saak wat se situasie dit is nie, waar “BANG” navore kom is die eerste reaksie – “VLUG”! Geen parraatheid is nodig nie. Parraatheid sou direk klokkie laat lui het van handbriek vas te maak want voertuig kan ‘n tweede keer oor hondtjie loop.
Het die oom al ooit aan so ‘n sutiasie hom ingedink?
DIE ANWOORD – NEE! EK IS BANG vir my hondtjie nie my VEILIGHEID NIE. Die gevolg hy beland in die hospitaal.
Dit is maar ‘n uitgemaakte SAAK!