Man kritiek beseer toe weerlig hom tref

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat hy Vrydagmiddag deur ʼn weerligstraal getref is in Meyerton, Gauteng.

“Die voorval het in Johan le Rouxweg plaasgevind,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, gesê. “Die man het in die veld, ʼn paar meter van die pad af, gelê toe ER24 en brand- en reddingsdienste by die toneel opgedaag het.”

Die man was in ʼn kritieke toestand. “Hy is met ʼn ambulans na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

DPJ ·

In ‘n elektrise storm moet mens sorg dat jy die laagste punt is en nie onder hoë bomme skuil nie. Dit was beslis nie hier die geval nir.

Dee ·

Nie slegs tydens ‘n elektriese storm nie; jy moet nooit onder bomme skuil nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.