Man kritiek, kind beseer ná honde hulle aanval

Argieffoto ter illustrasie

ʼn 56-jarige man is in ʼn kritieke toestand en ʼn driejarige meisie is Dinsdagaand beseer nadat honde hulle in Athlone in Kaapstad aangeval het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die man en meisie was in hul erf toe twee honde skielik oor die muur gespring het. “Die meisie, wat slegs geringe beserings opgedoen het, is reeds deur ʼn lid van die gesin na die Rooikruishospitaal geneem toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die man het op die grond gelê. Hy was by sy volle bewussyn.”

Die man het vermoedelik die meisie probeer beskerm toe die honde hom verskeur het. Hy het verskeie beserings opgedoen. “Hy is na Vincent Pallotti-hospitaal geneem,” het Van Huyssteen bygevoeg.

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Anti spur ·

Watter honde ras was verantwoordelik vir die aanval.Ek vermoed dit was weer n pitbull maar die feite ai die feite

al ·

Dis vreesaanjaend. Arme mense, ek hoop die man herstel. Dalk het die honde hondsdolheid gehad.
Nietemin as daar ñ ander rede is, soos om aggresiewe honde te hê om jou gesin en eiendom te beskerm, is dit maar net nog ñ teken hoe onveilig burgers voel.

Danie ·

Honde spring nie sommer net van een erf na ‘n ander nie. Hulle tree meestal so op as hulle iets soos siektes onder lede het of as hulle aanhoudend getreg / geboelie word. Tyd sal leer wat daar gebeur het.

broos ·

die probleem is nie die ras van die honde nie, maar eerder hoe en hoekom die honde in ‘n ander erf ingekom het? waar was hulle eienaars en hoekom was hulle nie toegemaak in hulle eie erf nie?

E.K. - ek sê net! ·

Ek hoop die mense word vir hondsdolheid behandel. Hier was ‘n hengse uitbreek laasjaar vir ‘n hele paar maande en heelwat mense is gebyt en moes behandeling ontvang.

Nettie ·

Ek dink klem-in-die-kaak en rabies-inspuiting is standaard behandeling na ‘n honde-aanval.

JJ ·

dus so pateties dat mense altyd aanneem dus n pitbull aanval. duidelik ken julle nie julle feite oor daardie honde ras nie maar wil liewer julle negatiwiteit op ander neerdruk wat voorwaardelik hulle pitbull’s lief het. julle besit seker skoothondjies wat net n skelm in jou huis se hakke sal beskadig of dalk dood lek

Veritas ·

Ek glo die ras van die honde is só bekangrik nie. Die manier waarop die diere grootgemaak is, is wel. Sommige honderasse is wel meer agressief as ander maar teling en die tipe aandag wat die hond kry is van groter belang. Die kwaaiste hond wat ek nog teegekom het is ‘n worshond. Nogal opreg daarby. Gelukkig is sy blaf erger as sy byt.

Nettie ·

@Veritas, dachshunds se byt kan nogal erg wees! Vra my, ek het enetjie gehad wat ‘n moewiese humeurtjie op hom gehad het en my hande dra nog die merke waar hy my een aand gehap het toe ek hom wou vlooibehandeling gee!

John ·

Hoekom is honde deesdae so aggressief of word nuus net meer oorgedra.

Johan ·

Ag toe mense blameer weer die vieslike pitbulls vir die voorval want dis mos net hulle wat mense byt!!!!…..hoop die mense sterk gou aan

Conrad ·

Ek het meteens langs n ou gebly wat kinders gehad het. Eendag kom ek by die huis aan en sien my een hond het n sny onder sy oog. Ek dink hulle het maar bietjie aangevat by die kosbak. So sien ek een naweek toe my buurman se kinders dink ons is nie by die huis nie, dat hulle stoke deur die stormwater opening steek en die honde terg. Daarvandaan die merk onder die oog kom ek toe agter. Ek het die buurman in kennis gestel en hom daarvan vertel. Twee naweke aan, dieselfde ding. Nou is dit mos altyd die hond se skuld as hy kinders of mense aanval. Nee, mense maak honde kwaad, maar word dan kwaad as die honde kwaad word.

Dellaq ·

Stem Saam Conrad. Ek het jare terug ‘n liefdevolle staffie gehad. Met my familie se kinders gespeel wanneer hulle kom kuier het. Eendag toe is hy ‘n gevaarlike hond wat almal, veral kinders, net wou byt. Ons kon nie verstaan wat aangaan nie…Tot ek eendag, toe ek ‘n dag afgehad het, gesien hoe die bure se 3 seuns die hond met bessies en klappers gooi…Eweskielik was hy ‘n gevaarlike hond/ eienaar se skuld/moet hom uitsit….DIT oor ANDER mense wat nie hulle kinders in toom kon hou nie. Maar bygese, daar is heelwat eienaars wat nie ‘n duit omgee of hul honde mense byt nie

F Smith ·

As dit ‘n Pitbull was, sou hul so gesê het. Neem aan dis ‘n ander ras daarom dat dit nie genoem is nie.
Dis altyd so maklik om Pitbulle die skuld te gee agv onverantwoordelike eienaars!
Pitbulle is awesome honde wanneer hul reg groot gemaak word.

Anti-backyard breeder ·

Dit gaan nie net oor hoe n hond groot gemaak word nie. Maar dit gaan 100% oor temprament en temprament word ten minste 80%, indien nie 90%, bepaal deur genetika. En ongelukkig is 95% van honde in die land afkomstig van “back-yard breeders”, so ten minste 95% van honde in privaat besit se temprament is nie volgens die spesifieke ras standaard nie. Om n voorbeeld te gebruik – n Pitbull moet glad nie “mens agresief” wees nie (behalwe as hy in n situasie geplaas word waar hy sy mense moet beskerm) en enige kenner sal vir jou se dat die aanbeveling van die pitbull assosiasie is dit n Pitbull wat mens agresie toon se temprament (lees teling/genetika) nie reg is nie en dat hy eerder uitgesit moet word.

Dan ook by gese, n persoon wat die geld spandeer en by n ordentlike teler sy hond koop sal van selfsprekend sy hond reg groot maak.

Johan ·

Ai anti spur ek wonder hoekom gaan jy nie meer spur toe nie mmmmm laat mens wonder as jy so ver algemeen !!!!!!

VanAfrika ·

Kyk Pittbull en Parolees op Animal Planet. Hierdie vrou rehab gevaarlike pittbulls en plaas hulle saam met families. Tot pittbulls wat vir gevegte gegroom word, word gerehab en hulle draai soos makhonde en word dan op gesit vir aaneming

NICKEY / GAUTENG ·

Is die honde dalk gereeld deur kinders geterg? Dalk ook deur volwassenes?
Daar is drie kante aan elke saak.. die mense se kant,,, die diere se kant en dan die REGTE kant van storie ,,,,,,,, en dit sal niemand ooit hoor nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.